Die Leerhuis

Die Leerhuis

Share

Nie elke kind floreer in groot skole nie. Hub@Leerhuis bied klein groepe, struktuur en ruimte om te groei.

📍 Pretoria Noord
📚 Graad 4–7

Nie vir almal nie.

Maar dalk presies vir julle.

📩 Stuur gerus ’n email vir ’n gesprek of navraag.

03/06/2026

Wanneer mense ’n nuwe perseel sien, kyk hulle eerste na die gebou.

Die klaskamers.

Die tafels.

Die stoele.

Die boekrakke.

Dis verstaanbaar.

Maar ons kyk verder.

Ons d**k aan die Graad 1 wat vandag ’n nuwe woord baasraak.

Die Graad 4 wat uiteindelik die moeilike konsep snap.

Die Graad 7 wat leer om verantwoordelikheid vir sy eie werk te neem.

Ons d**k aan die vriendskappe wat gevorm word.

Die gesprekke wat saak maak.

Die lag in die gange.

Die vrae wat nuuskierigheid wakker maak.

Want ’n gebou is net bakstene en mure.

Die hart van die Leerhuis was nog nooit die gebou nie.

Dit was nog altyd die mense daarin.

Die kinders.

Die onderwysers.

Die gemeenskap.

🏡🌱

Ons is dankbaar vir hierdie nuwe ruimte.

Maar nog meer dankbaar vir die mense wat dit elke dag lewe gee.

01/06/2026

Ons het gearriveer.

📍 Maranata

Daar is iets besonder aan 'n nuwe begin.

Nie die opgewondenheid van iets nuuts nie.

Maar die rustige gevoel wanneer jy instap en besef:

"Hierdie pas."

Dankie aan elke ouer, kind, ondersteuner en vriend wat hierdie skuif moontlik gemaak het.

Ons sien uit na alles wat hierdie nuwe hoofstuk gaan bring.

🏡🌿

Welkom by Hub@Leerhuis.

Hier gaan ons bly.

26/05/2026

Party kinders kort nie nóg motivering nie.
Hulle kort ’n ruimte waar hul brein uiteindelik kan stil raak.

Ons leef in ’n wêreld van konstante geraas:
kennisgewings, skedules, skerms, druk, prestasie, haas.

En baie kinders funksioneer lank voor volwassenes besef:

“Hierdie kind is nie ongehoorsaam of lui nie.
Hierdie kind is oorlaai.”

By Die Leerhuis glo ons dat kalmte nie ’n luukse is nie.
Dit is deel van hoe betekenisvolle leer gebeur.

Ons probeer nie kinders in ’n voortdurende toestand van oorstimulasie druk en dan verbaas wees wanneer hulle moeg, angstig of afgeskakel raak nie.

Ons bou doelbewus:

ritme
struktuur
rustigheid
onafhanklikheid
veilige begeleiding

Want wanneer die chaos sak…
begin sommige kinders vir die eerste keer weer helder d**k. 🖤










Sonika Krüger

08/05/2026

Hierdie week was internasionaal Teacher Appreciation Week — en ek wil net ’n oomblik neem om iets te sê oor die ongelooflike span by Hub at Leerhuis.

Wat hierdie juffrouens daagliks doen, gaan oor soveel meer as net akademie.

🌿 Hulle dra.
🌿 Hulle lei.
🌿 Hulle ondersteun.
🌿 Hulle wys elke dag weer op — selfs op moeilike dae.

In ’n kleiner, meer persoonlike leeromgewing sien ons eerstehands hoeveel liefde, geduld en emosionele energie werklik in kinders belê word.

Ek is ongelooflik dankbaar vir elke juffrou wat deel vorm van hierdie ruimte en wat help bou aan iets besonders vir ons kinders 🤍

As julle vandag ’n ekstra boodskapie, drukkie of woord van waardering kan gee — doen dit gerus 🌿

Baie dankie vir julle ondersteuning en samewerking.

07/05/2026

Daar is ouers wat vanaand weer gaan sit en wonder:

“Hoekom voel skool elke dag soos oorlewing?”

Nie omdat hul kinders stout is nie.
Nie omdat hul kinders dom is nie.

Maar omdat sommige kinders eenvoudig… verdwyn in die verkeerde omgewing.

Party kinders raak nie moeiliker nie.
Hulle raak net stiller.

Ek sien dit elke dag:
Kinders wat eintlik intelligent, kreatief en vol potensiaal is—

maar stadig hulself begin afskakel.

By Hub at Leerhuis werk ons anders.

🌿 Kleiner groepe
🌿 Meer rustigheid
🌿 Duidelike struktuur
🌿 Persoonlike aandag

Maar nog belangriker:

👉 Ons bou saam met ouers.
👉 Nie net vir kinders nie.

Die Leerhuis is nie vir almal nie.
En dit is doelbewus so.

📍 Pretoria Noord

📩 As jy ernstig wonder of jou kind dalk ’n ander tipe omgewing benodig:

Email:
[email protected]

Vertel my:

jou kind se ouderdom
waarmee julle tans sukkel
en waarna julle eintlik op soek is

Kom ons kyk of hierdie ruimte vir julle sin maak.

22/04/2026

🧪 GRAAD 7 WYSHEID VAN DIE DAG

“Juffrou… waar kom plastiek vandaan?
Dit is nie op die periodieke tabel nie…”

Ons praat toe oor olie.
Oor byprodukte.
Oor hoe plastiek gemaak word.

En toe kom die opvolgvraag:

“Juffrou… beteken dit die plastiek dinosaur wat die kleintjies mee speel…
is eintlik ’n regte dinosaur?” 🦖



En daar sit jy.

Tussen lag en d**k.
Want iewers in daardie vraag…
is daar iets ongelooflik mooi:

👉 ’n Kind wat probeer sin maak van die wêreld
👉 ’n Brein wat verbindings maak
👉 Nuuskierigheid wat nie skaam is nie

Nee, plastiek dinos is nie regte dinos nie…

Maar ja—
hulle begin hul storie miljoene jare terug.

En dis presies hoekom ons leer.

Nie net vir antwoorde nie—
maar vir die vrae wat jou laat stop… en wonder.

🖤 Minder skool. Meer leer.

20/04/2026

🖤 Voel gewone skool nie heeltemal soos die regte pas vir jou kind nie?

Sommige kinders het nie méér druk nodig nie.
Hulle het die regte omgewing nodig.

By Hub@Leerhuis fokus ons op:

• klein groepe
• persoonlike aandag
• rustige, gestruktureerde leer
• groei in selfstandigheid
• kinders wat met ondersteuning hul eie werk leer bestuur

Ons verstaan dat elke kind nie op dieselfde manier floreer nie.

Vir sommige gesinne is ’n kleiner, meer doelgerigte leeromgewing die verskil tussen net oorleef... en werklik groei.

📍 Pretoria Noord
📚 Graad 4–7

Nie vir almal nie.
Maar dalk presies vir julle.

📩 Stuur gerus ’n email vir ’n gesprek of navraag.
[email protected]

20/03/2026

’n Klein oomblik by die Leerhuis.

’n Vraag wat begin met:
“Maar hoekom…?”

’n Kind wat d**k… en weer d**k.

’n Gesprek wat nie vinnig afgehandel word nie,
maar ruimte kry om te groei.

Hier jaag ons nie deur werk nie.

Ons stop.
Ons wonder.
Ons praat.

Want dis waar leer begin.

🌿 Minder skool. Meer leer.

18/03/2026

Ek wonder oor ’n sekere tipe kind.

Nie die kind wat noodwendig sukkel nie.
En ook nie die een wat altyd eerste in die klas is nie.

Maar die kind wat baie vrae vra.

Die een wat sê:
“Maar hoekom werk dit so?”

Die kind wat vinnig deur werk gaan…
en dan begin droom, teken of idees uitd**k.

Die kind wat graag oor idees gesels.
Wat nuuskierig is oor hoe dinge werk.

Baie van hierdie kinders is nie ongelukkig in die skool nie.
Maar hulle blom ook nie altyd heeltemal daar nie.

Ek wonder hoeveel ouers hier ook so ’n kind het?

05/03/2026

🪴🤸‍♀️🤍

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Website

Address


389 Suider Street
Pretoria
0116

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:00