Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen

Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen, Coach, Pretoria.

20/04/2026

Gereed om te groei? In Julie begin 'n nuwe 1 Jaar Enneagram kursus. Hou hierdie bladsy dop vir meer besonderhede.

Photos from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen's post 06/04/2026

Jou persoonlikheid is nie wie jy is nie. Dit is 'n patroon wat jy aangeleer het.

Daardie patroon filter alles - jou verhoudings, jou werk, jou geloof, jou reaksie op teleurstelling.

Die Enneagram help jou om dit raak te sien. En wanneer jy dit sien, kan jy anders kies.

01/04/2026

Riso & Hudson het dit perfek opgesom. Die Enneagram help jou om jouself te verstaan en te groei.

31/03/2026

Wou jy nog altyd die Enneagram gedoen het maar kon net die nie die regte geleentheid kry nie. Hier is dit nou!

Registreer deur om 'n epos te stuur na [email protected]

Elke mens het ‘n ander manier van kyk na die werklikheid, asook verskillende idees, motiverings en uitkyke op die lewe. As ons dit kan begin raaksien, kan ons leer om onsself en ander te waardeer en voluit te lewe. Ons kan ook beter verstaan waarom daar uitdagings in ons verhoudings is wat ons uitdaag of irriteer. Ons kan nie die mense om ons verander nie, maar ons kan wel as persoon groei en so ook leer om verskillende situasies beter te hanteer. Baie verhoudingsprobleme is juis as gevolg van ‘n tekort aan selfkennis.

Ds Maartje van der Westhuizen is predikant by die NG Gemeente Elarduspark en die assessor van beide die Oostelike Sinode en die Algemene Sinode van die NG Kerk. Sy is ‘n formeel opgeleide en professionele aanbieder van die Enneagram (binne die Narratiewe tradisie). Die Enneagram is ‘n hulpmiddel wat ons toerus om onsself en ander beter te verstaan.

Skryf vandag in vir hierdie ongelooflike kursus.
Jy sal nie spyt wees nie.

Photos from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen's post 30/11/2025

Hoe sou elke enneagram tipe se koffie smaak moontlik kon lyk?

23/11/2025

Baie mense gaan kerk toe, maar verander nooit regtig van binne nie. Richard Rohr sê ons gebruik geloof soms om ons ego te beskerm, eerder as om deur God verander te word.

Die Enneagram help ons om eerlik na onsself te kyk — om te sien waar ons vroom lyk, maar tog wegskuil agter trots, vrees of beheer. Dis nie ’n manier om onsself te oordeel nie, maar om wakker te word vir wie God ons werklik gemaak het.

Die doel is nie om meer te weet nie, maar om meer soos Christus te word.

“𝘞𝘪𝘦 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘢𝘢𝘳𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘸𝘢𝘯𝘥𝘦𝘭, 𝘬𝘰𝘮 𝘵𝘰𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘪𝘨, 𝘴𝘰𝘥𝘢𝘵 𝘴𝘺 𝘥𝘢𝘥𝘦 𝘥𝘶𝘪𝘥𝘦𝘭𝘪𝘬 𝘴𝘢𝘭 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘢𝘴 𝘷𝘳𝘶𝘨 𝘷𝘢𝘯 𝘎𝘰𝘥.” — 𝘑𝘰𝘩𝘢𝘯𝘯𝘦𝘴 3:21

Photos from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen's post 16/11/2025

Wat is persoonlikheid?
Ons d**k gewoonlik: “Dis wie ek is.”

Maar die Enneagram sê:
Jou persoonlikheid is net ’n deel van jou, nie die hele jy nie.

Blaai hier om meer te lees

Photos from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen's post 09/11/2025

Die Menslike Toestand:
Ons slaap… terwyl ons d**k ons is wakker.

Blaai om te lees hoe die Enneagram jou kan help!

02/11/2025
29/10/2025

Skryf in en leer wat jou tipe se verdedigingsmeganisme is.

Photos from Enneagram / Maartje Van Der Westhuizen's post 27/10/2025

𝗛𝗼𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗿𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗻𝗻𝗲𝗮𝗴𝗿𝗮𝗺 𝗷𝗼𝘂 𝗵𝘂𝘄𝗲𝗹𝗶𝗸?

Dit help jou verstaan jouself en jou maat beter, verminder misverstande, moedig groei aan, en bring balans in julle verhouding.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Pretoria