Oud-Affiebond

Call Directions Website

Oud-Affiebond Oud-Affiebond (Afrikaanse Hoër Seunskool)

Doelstellings:

- Om die Oud-Affies se belangstelling in en verbintenis met die Skool se aktiwiteite aan te wakker en uit te bou.
- Om ‘n verantwoordelikheidsin en ‘n “kultuur van terugploeg” teenoor die skool te kweek.
- Om kameraadskap, samewerking en wedersydse ondersteuning onder ons lede te bevorder.
- Om die Bestuur en Onderwyserskorps van die Skool te bemagtig om die Skool die mees gerespekteerde onderwys instelling in die RSA te maak.
- Om ‘n tuiste te bied waar oud-leerlinge inligting kan deel.
- Om nuus oor oud-Affies oor te dra.
- Om ‘n ondersteuningsnetwerk te skep vir oud Affies.

Reünie 1976:Voor: Johan Moolman, Inus Oosthuizen, Wim van Wyk, Uhland Műller, Christo Fourie, Friedel Knobel, Jan Kruger...
20/10/2026

Reünie 1976:

Voor: Johan Moolman, Inus Oosthuizen, Wim van Wyk, Uhland Műller, Christo Fourie, Friedel Knobel, Jan Kruger, Corné Mulder, Dick Putter
Tweede ry: Nico Serfontein, Charl van Rensburg, Ignatius Ackerman, Janus Roux, Barry Grobbelaar, Pine Pienaar, Sarel Koen, Ockert Pretorius, Aalwyn Parsons, James Matthee
Derde ry: Sarel Meiring, Kobus de Klerk, SAS Brönn, George Benadé, Garrith Middleton, Wimpie van Olst, Derik Janse van Rensburg
Vierde ry: Ivan Muller, Danie Fölscher, Andries van der Walt, Frans Human, Sydney Gericke, Leon Nel, Christiaan Mostert, Chris de Wet, Rudolph Botha
Vyfde Ry: Jan Erasmus, Marcel Straub, Ren Oosthuizen, Gerrit Roberts, Deon Conradie, Charl Badenhorst, Rudie Koekemoer, Frik de Jager, Anton Rauch, Len van Wyk
Sesde ry: Philip Pieterse, Terence Mathie, Riël Franzen, Hugo Meyer, Dirk van Niekerk, Zirk Jansen, James van Niekerk, Robert Young, Jaco van Schalkwyk, Herman Fourie, Wilco Uys, Peet van der Merwe

Ons het Vrydag die oud-Affies van 1976 by die skool verwelkom. Soos altyd was dit lekker om na die stories uit hul skool...
18/10/2026

Ons het Vrydag die oud-Affies van 1976 by die skool verwelkom. Soos altyd was dit lekker om na die stories uit hul skooldae te luister, herinneringe te deel en die band tussen Affies te vier.

Mnr. Dick Putter, onderhoofseun van 1976, het die Affies toegespreek en die geleentheid nog meer spesiaal gemaak.

Dankie vir ’n heerlike kuier.

Eenmaal ’n Affie, altyd ’n Affie!

Oud-Affie Darren Minders (2023), stigter van Die Boekemark, het ’n uitdaging waarmee baie studente sukkel in ’n sakegele...
15/10/2026

Oud-Affie Darren Minders (2023), stigter van Die Boekemark, het ’n uitdaging waarmee baie studente sukkel in ’n sakegeleentheid omskep: die koop en verkoop van tweedehandse handboeke.

Sy innoverende idee het hom die wenner van die kategorie vir beste nuwe ondernemingsidees in Akademia se 2026-sakeplankompetisie gemaak.

Darren se storie bewys dat ’n suksesvolle onderneming dikwels begin by die identifisering van ’n werklike probleem en die moed om ’n oplossing daarvoor te vind.

Baie geluk Darren, ons is trots op jou!

Lees die volledige artikel by Maroela Media:

Wat as die probleem wat jou elke dag irriteer eintlik ’n sakegeleentheid is? Vir die 21-jarige Darren Minders het duur handboeke en studente se gesukkel om dit weer te verkoop uiteindelik tot ’n veel groter entrepreneursdroom gelei.

Oud-Affie Erich Bekker (2016) is vir Wildlife Ranching South Africa (WRSA) se Wildboer van die Jaar-kompetisie genominee...
14/10/2026

Oud-Affie Erich Bekker (2016) is vir Wildlife Ranching South Africa (WRSA) se Wildboer van die Jaar-kompetisie genomineer en het reeds tot die Top5 deurgedring. Die wenner word op die aand van 17 Oktober aangekondig.

Erich is reeds byna ses jaar werksaam op Langkloof Wildsplaas, waar hy as plaasbestuurder, jaguitruster en professionele jagter sy passie en kundigheid uitleef.

Baie geluk, Erich! Ons is trots op jou en hou jou met groot belangstelling dop.

https://www.youtube.com/watch?v=3BPxAfuNNo8

AFFIE-GHOLFDAG Die jaarlikse Affie-gholfdag is Donderdag op Silver Lakes Gholfbaan aangebied.Baie dankie aan al die spel...
11/10/2026

AFFIE-GHOLFDAG

Die jaarlikse Affie-gholfdag is Donderdag op Silver Lakes Gholfbaan aangebied.

Baie dankie aan al die spelers wat die dag ‘n reusesukses gemaak het. Ons sien julle weer volgende jaar.

Die fondse wat deur die dag ingesamel is gaan ten bate van die Affie 100 Fonds Trust en die Oud-Affiebond.

‘n Hartlike woord van dank aan Safari Outdoor en Kingprice Versekering, asook Alzu, VZLR Prokereurs, Rotakesa en Drive.co.za.

Ons is opgewonde om oud-Affie WJ Strydom (2011) terug te verwelkom by die skool, dié keer as L.O.-onderwyser én rugbyafr...
06/10/2026

Ons is opgewonde om oud-Affie WJ Strydom (2011) terug te verwelkom by die skool, dié keer as L.O.-onderwyser én rugbyafrigter.

WJ was van 2012 tot 2015 deel van die Blitsbokke.

Ons sien uit daarna om te sien hoe hy sy kennis en ervaring met die seuns deel en ’n verskil op én van die veld maak.

Eenmaal ’n Affie, altyd ’n Affie.

Gholf:Baie geluk aan Rialdo de Bruyn (2023 matriek) wat die Ekurhuleni Ope wen. Die ope was van 25 tot 27 September by d...
29/09/2026

Gholf:

Baie geluk aan Rialdo de Bruyn (2023 matriek) wat die Ekurhuleni Ope wen. Die ope was van 25 tot 27 September by die Reading Buiteklub in Alberton gespeel.

Oud-Affiebond se algemene jaarvergadering is 29 Oktober 2026. Bevestig asb jou teenwoordigheid by izet.changuion@oudaffi...
29/09/2026

Oud-Affiebond se algemene jaarvergadering is 29 Oktober 2026. Bevestig asb jou teenwoordigheid by [email protected]

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Johan Hattingh (1979) Die Bond betuig sy innige meegevoe...
21/09/2026

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Johan Hattingh (1979) Die Bond betuig sy innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Abrie Pienaar (1962)Die Bond betuig sy innige meegevoel ...
15/09/2026

Die oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Abrie Pienaar (1962)

Die Bond betuig sy innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Address

Lynnwood Road
Pretoria
0002

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oud-Affiebond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share