16/10/2026
*Jou Woord vir 16 Oktober 2026*
📖 *Psalm 73:25-26*
_‘Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Al beswyk my vlees en my hart - God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.’_
- Wanneer die Here vir jou meer kosbaar word as enigiets anders.
- Wanneer Sy teenwoordigheid vir jou meer werklik word as enigiets om jou.
- Wanneer jy Hom meer liefhet as enigiemand of enigiets anders.
- Dan sal jy die diep bevrediging ontdek wat net Hy kan gee.
🙏🏾 *Gebed:* Vader, help my om U meer lief te hê as enigiemand of enigiets anders. Mag U teenwoordigheid elke dag vir my meer werklik en meer kosbaar word, en mag ek my grootste vreugde en vervulling in U vind, in die Naam van Jesus. Amen. -
Your fresh reminder of the Lord’s love and faithfulness every weekday. May you be inspired, motivated and encouraged by each Daily Thought.