14/11/2020
Ek hoop almal het soliede gang deure. 'n Traliehek gaan jou nie beskerm teen vuurwapens nie. 'n Goeie idee is om hierdie goedkoop latch bo en onder jou gangdeur te sit. Indien jou voordeur oopgeskop word, moenie eers kyk nie. Hardloop vir die gang en slaan die deur toe. Dit gee jou tyd om die deur te sluit en skop sommer ook 'n deurstopper in. Hoe meer hulle sukkel om by jou uit te kom, hoe beter jou kans om te oorleef.
13/11/2020
Onthou more se eerste klas 14:00
06/11/2020
Vir die opedag more is die dames welkom om hulle gesinne saam te bring. Ek hoop om vir elkeen iets te gee wat hy kan saamneem om oor d**k selfs al doen hulle nie karate nie.
12/10/2020
Die selfvertroue wat karate vir 'n vrou gee is onmeetbaar. Ek het besef dat die meeste vroue fisies nie in staat is vir die gewone "bootkamp" klasse nie. Om oorgewig en onfiks in 'n karate klas in te stap en vol te hou sal min vrouens regkry. Dis daardie groep wat ek wil bereik want ek was self daar. Kom ons leer die tegnieke teen 'n stadiger pas. Geleidelik sal jy fikser word en dit begin geniet.
30/09/2020
Nou in Bronkhorstspruit. Opening en bekendstellingsdag op Saterdag, 7 November 2020, 14h00. GRATIS. Plot 34, Groenfontein. 2.8km van Bonamanzi se ingang. Dames bring 'n vriendin saam en geniet 'n pret dag met baie veiligheidswenke en selfverdediging demonstrasies. Onthou julle maskers. Koffie/Tee en verversings word bedien. Dis uiters belangrik dat dames hulleself bemagtig om te weet hoe om in noodsituasies op te tree.
Klasse is op Saterdae. Geen intreefooi. Geen kontrakte. Betaal slegs R50 per klas bygewoon. Indien genoeg belangstelling sal ek probeer om n saal in Bronkhorstspruit te kry.