Movement that Matters

Movement that Matters

Share

Pilates offers quality movement, delivering results. It is about holistic fitness, involving both the mind and body.

13/07/2026

Voor mens die klasssieke Pilates "teaser" kan doen, moet mens eers die beginsels reg hê. Die 'teaser' eindig met kiertsregop rug, terwyl die op- en afrol die rug in ʼn kurwe hou. Wees eers goed vertroud met die "teaser prep"(net 1 been op ʼn slag in die lug/of met gebuigde bene), voor jy die 'teaser ' begin oefen.

06/07/2026

Werk lekker effektief in daai sye in deur skuins oor ʼn Pilates bal te leuen. Anker jou voete vas onder teen die muur.
Laat sak die lyf (asof tussen 2 glasblaaie) af en weer op.
Vir ʼn ekstra: wanneer jy bo is, roteer die bolyf opwaarts.
LET OP: plaas jou boonste been agter, om jou sye te teiken; wanneer jou boonste been voor is, kan jy maklik meer in jou rug (QL) in werk.

23/06/2026

In vandag se leefstyl is alles geneig om ons postuur voroor te trek... ons buig vooroor as ons op die rekenaar werk, op ons foon besig is, of as ons bestuur... dit veroorsaak dat ons spiere aan ons agterkant verleng en voorkant verkort. Wanneer ons ʼn standaard push-up of 'plank' doen, versterk dit die 'kort spiere' (pectorals) in hulle 'kort' posisie (m.a.w. dit doen juis dit wat jy nie wil hê nie). Deur ʼn "pike push-up" te doen versterk jy die spiere (seratus anterior) onder jou vlerkies (scapula) om juis teë te werk dat die vorentoe trek spiere (pec-minor) oorneem. Probeer dit gerus!

Photos from Movement that Matters's post 15/06/2026

Oefen bietjie die skouers met behulp van ʼn besemstok.
Trek jou hande ver uitmekaar asof jy die stok wil langer trek - skouers hoogte.
Jou hande bly ver van jou bors, en jou elmboë trek weg uit jou skouers.
Beweeg nou in daai posisie stadig met jou arms na bo, en af.
Jy sal sommer vinnig voel hoe jou spiere rondom jou vlerkies werk. (My tiener seun kon nie glo hoe harde werk dit is nie - hy het gedink Pilates is simpel-maklik)

08/06/2026

Heup mobiliteit met behulp van ʼn "foam roller": Hou jou bene parallel met die grond en gly hul vorentoe en agtertoe, terwyl jy met jou maagspiere stabiliseer.

01/06/2026

Die "loop band" - ring- of sirkelrek is uitstekend wanneer jy bietjie teen weerstand wil oefen. Mens kry verskillende sterktes: gewoonlik ʼn sterker rek om die bene, en ligter rek om die arms.

29/05/2026

Maak gebruik van ʼn muur in ʼn Pilates klas: Dit kan jou oefen sessie sommer in 'n 'ander vlak' sit.... en dit is iets wat almal van ons het. (ʼn muur)

18/05/2026

Met die groot Pilates bal is die onstabiele oppervlak gewoonlik die grootste uitdaging. Jou kernspriere moet inskop en hard werk om jou regop te hou terwyl die apparaat onder jou wil beweeg.

11/05/2026

Soms het mens nie allerhande ekstra Pilates apparaat by die huis nie - daar is altyd iets wat jy kan gebruik: ʼn groot badhanddoek (bath sheet) kan gebruik word indien jy nie ʼn "foam roller" het nie... of in plaas van die klein Pilates bal.. en vele meer. Plaas die handdoek byvoorbeeld onder die sy, naby die onderarm, om as hoogte te dien wanneer ʼn sywaartse oplig gedoen word.

04/05/2026

Stoel Pilates klas klink dalk baie vervelig - en of jy dalk nie hard oefen nie; maar glo my, dit kan lekker harde werk wees! Al jou spier groepie kan hiermee uitgedaag word -afhangende hoe jy jouself posisioneer op, of oor die stoel.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Orion Avenue
Pretoria
0181