21/10/2026
PRINS ALBERT SKOU 2026 MERINO-AFDELING
As konvenor van die Merino-afdeling wil ek graag baie dankie sê aan elke Merino-deelnemer wat vanjaar die moeite gedoen het om met hul diere na die Prins Albert Skou te kom.
Sonder ons vertoners, telers en deelnemers wat jaar ná jaar hul tyd, harde werk en passie inspan, sou ons eenvoudig nie ’n Merino-afdeling en ’n skou kon aanbied nie. Julle betrokkenheid word opreg waardeer!
’n Baie groot dankie ook aan Phillip Schutte van BKB vir sy hulp met die organisering en verloop van die Merino-dag. Jou betrokkenheid en ondersteuning het ’n groot rol gespeel om die dag glad te laat verloop.
’n Spesiale woord van dank aan Tannie Anna Herbst, wat al vir baie jare op die Merino-dag help met al die administrasie. Tannie Anna se jarelange hulp, kennis en getroue ondersteuning word opreg waardeer. Sy is ’n belangrike deel van die Merino-afdeling en ons is baie dankbaar vir alles wat sy oor die jare al gedoen het vir ons.
Aan ons beoordelaars, Jacques du Toit van OVK en Christiaan Marincowitz van BKB, baie dankie vir julle tyd, kundigheid en professionele beoordeling. Ons waardeer dat julle elke jaar bereid is om deel van ons Merino skou te wees. Spesiale dank ook aan al ons borge, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie, ons waardeer julle deelname en betrokkenheid ook.
’n Baie groot gelukwensing aan die Symington-familie van Voorspoed Merino’s met hul besonderse prestasies vanjaar.
Hulle het die Meeste Punte behaal, hulle is
ook die wenners van die Kampioen Ram en Kampioen Ooi.
Baie geluk aan Phillip, Cobus, Izak en die hele Symington-familie, ’n welverdiende prestasie!
" Voorspoed Merino’s"
Die Symington familie boerdery bestaan uit Phillip en sy twee seuns, Cobus en Izak.
Die plaas “Voorspoed” is in die Fraserburg-distrik geleë.
Voorspoed Merino’s is uiters gehard en aanpasbaar, met ’n kombinasie van uitstekende bouvorm, hoë vrugbaarheid en kwaliteit wol wat hierdie skaap uniek maak en sukses waarborg.
Ons leef in dankbaarheid teenoor ons Skepper. Gesonde verhoudings binne ons gesinne, werknemers en agente – is vir ons belangrik. Daarom is ons dankbaar vir elkeen se betrokkenheid binne die boerdery.
Voorspoed Merino’s is ons passie! "
📸 Die Symingtons: Van links – Izak, Erna, San-Mari, Phillip, Carla en Cobus.
Aan elkeen wat vanjaar deel was van die Merino-afdeling: baie dankie! Ons waardeer julle ondersteuning en deelname opreg.
Ek glo ons sien almal volgende jaar weer hier by die Prins Albert Skou!
Onthou om sommer nou al uit te kyk vir volgende jaar se datum!
Tot volgende jaar!
Groete
Madri Rossouw