18/03/2021
Met hierdie woorde het Jesus die fondament gelê vir Dienende Leierskap. 'n Konsep wat baie moeilik deur die wêreld verstaan word. MAAR 'n konsep wat 100% suksesvol is.
Dominee CJ is 'n geordende predikant, met 28 jaar ondervinding in berading, prediking, motivering en fasilitering.
Dominee CJ d**k buite die boks en praat 'n taal wat elke mens verstaan.
18/03/2021
Met hierdie woorde het Jesus die fondament gelê vir Dienende Leierskap. 'n Konsep wat baie moeilik deur die wêreld verstaan word. MAAR 'n konsep wat 100% suksesvol is.
03/12/2020
Hierdie belofte sê nie dat die water, riviere en vuur nie sal kom nie. Dit sê dat ek en jy beskerm sal word wanneer ons daardeur moet gaan. Wat ookal jou bedreigende water, rivier of vuur is God is by jou. Glo dit!
30/10/2020
In vers 12 sê Paulus dat hy ervaring van GOED en SLEG het. Met vers 13 bedoel hy dat hy dit alles kon hanteer deur Christus wat hom krag gegee het. Hoe gaan jy die GOED en SLEG in jou lewe hanteer?
19/08/2020
Do we need to say more?
12/08/2020
Dit is veral in hierdie tyd wat 'n pandemie ons teister met vrese oor die toekoms dat ons hierdie woorde van Jesus moet hoor.
Ons verval daagliks in die "Wat as..." sindroom.
D**k mooi aan jou lewe. Was daar al ooit 'n dag wat God se genade vir jou te min of onvoldoende was? Ons ontvang elke dag genoeg genade om die wedloop vir vandag te hardloop.
Jy en ek hoef nie 'n onttrekking te maak op môre se genade vir vandag nie.
Vertrou God! Moenie 'uitfreak' oor more nie, daar sal genoeg genade wees.
06/08/2020
Hoe weet jy dat jy iemand werklik vergewe het? Jy kan tot God bid om daardie persoon te seën.
Ek weet nie hoe seer daardie persoon/e jou gemaak het nie, maar ek weet wel dat jy nooit vorentoe in jou lewe sal beweeg, totdat jy vergewe het en dit laat vaar het.
Dit beteken nie jy hoef te vergeet nie. Dit beteken jy laat vaar jou reg om wraak te neem en jy reageer op die kwaad met goed.
28/07/2020
Ons bewaar ons huise en besittings met alarms. Ons bewaar ons geld met kluise tuis of by die bank. Ons bewaar ons motors met alarms en opsporingstoestelle.
Spreuke sê dat ons hele lewe deur ons hart bepaal word. Dus is die hart die belangrikste ding om te bewaar. Maar hoe?
Ons bewaar ons harte deur ons oë en ore te bewaak. Waarna ons kyk en luister het 'n invloed op ons harte.
En die Bybel sê dat ons hele lewe daardeur bepaal word.
Waarmee "stuff" jy jou oë en ore?
27/07/2020
Die Griekse woord wat hier gebruik is vir duisternis is 'skotia' wat beteken: "duisternis as gevolg van die afwesigheid van lig"
As God se lig skyn, is lig nie meer afwesig nie en kan duisternis agv die afwesigheid van lig nie meer bestaan nie.
Ek en jy is God se ligdraers. Ons is gestuur om sy lig deur ons te laat skyn in donker/duister plekke.
Wat 'n wonderlike belofte in Joh 1:5 dat as ons God se lig laat skyn, sal ons ervaar dat die duisternis dit nie kan uitdoof nie.
So waarvoor wag jy? Flick daai switch! En laat die Lig skyn!
26/07/2020
Seker die kragtigste stelling wat ek in 'n lang tyd gelees het. Jy en ek is absoluut uniek. Jou vingerafdrukke bevestig jou uniekheid. As God jou tot in die fynste detail uniek geskape het, waarom is daar soveel mense wat wens hulle was soos iemand anders? Of wat aan die massas konformeer. Jou uniekheid is Godgegewe! Koester dit en styg uit bo die massa, want wie jy is, kan net jy wees.
17/07/2020
Hierdie vers kom uit die verhaal van die seuntjie wat genees is. Die seun se pa vra vir Jesus om hom gesond te maak as Hy kan.
Hoeveel keer is ons gebede nie maar dieselfde nie. "As U kan?"
Ek verbeel my God sê: "Moenie na My toe kom met 'n halwe geloof dat ek instaat is om jou gebed te verhoor nie."
Dan is dit beter om eerder te sê: "Ek glo U kan, ... help my my ongeloof oorwin."
Selfs Jesus het per geleentheid gebid dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan. Hy het geweet God die Vader kan , maar Hy het ook geweet sy Vader weet die beste.
16/07/2020
Die kragtigste verkondiging lê in stories.
Wat vertel/verkondig jou storie?
Daarom roep Dawid jou en my op om te kom ONDERVIND en SELF te SIEN.
Het jy al ondervind en self gesien dat die Here goed is. Vertel dan jou storie. So word jy 'n getuie van die Here.
07/07/2020
Dis dieselfde "ou" son wat 'n "nuwe" dag gee.
In hierdie vers sê die Here dat Hy ons 'n nuwe gebod gee. Eintlik is dit nie 'n nuwe gebod nie, maar 'n vars gebod. Die eis om lief te hê, bestaan van altyd af, maar die Here vra dat ons dit elke keer "vars" sal hoor.
"Julle moet mekaar liefhê." Liefde het altyd 'n objek waarop dit gerig is.
Elke nuwe dag, elke nuwe oomblik, elke nuwe situasie konfronteer ons met 'n nuwe gebod, vars uit die Here se mond.
| Monday | 09:00 - 19:00 |
| Tuesday | 09:00 - 17:00 |
| Wednesday | 09:00 - 19:00 |
| Thursday | 09:00 - 19:00 |
| Friday | 09:00 - 19:00 |