14/10/2026
🇳🇦 ‼️ CJ VERMEULEN ‼️🇳🇦
🇳🇦 NAMIBIA 🇳🇦
Ek was die naweek van die 3de en 4de Oktober by Hardap dam vir 2026 se laaste Namibiese nasionale oewerhengel kompetisie – wat naby Mariental in die Suide geleë is. Hierdie was die eerste naweek wat ek met Conoflex SA se produkte 'n kompetisie gehengel het as Namibiese ambassadeur – wat ‘n eer! Dit was maar 'n redelike taai naweek, om die minste te sê. Saterdag was die moeilikste dag van die twee dae, met die dag wat sommer kortgeknip was deur baie slegte weersomstandighede. Die wind het baie woes gewaai met 'n elektriese storm wat ons onkant gevang het met hael en swaar reën.
Maar daarenteen, was Sondag die heel teenoorgestelde. Die weer was baie beter en dit was sommer net 'n lekker dag om te hengel. Die aksie het sommer vroeg die oggend begin en het die middag 'n bietjie begin stil raak toe die wind ophou waai. Hier na die einde se kant toe, het dinge weer begin spoed optel, toe die wind weer opgekom het.
Sondag se wen kombinasie was: Banana, Vicks en Caramel op die bol, 'n Cina1 float onder op die hoek en 'n Anys float bo. Die kombinasie het ek die hele dag op 75 meter gehengel. Op my dieper stok, het ek Stuttafords en Legend op die bol gehad, met 'n rooi plain float onder en 'n wit plain float bo, en dit het ek gegooi op 105 meter. Ek het vir die dag 'n eerste plek in my sone gekry.
Ek wil net vir Oom Loukie en sy span baie dankie sê van my kant af. Sonder hulle sou die naweek nie moontlik gewees het nie, en ek sou nie dieselfde resultate kon behaal met enige ander handelsmerk nie. Hulle het regtig baie uitsonderlike produkte, en ek sal dit vir enige iemand aanbeveel om Conoflex SA 'n kans te gee.