02/10/2024
Dagsê aan al die Kriges
Ons het pas gehoor van ‘n ramp wat ‘n Krige-gesin getref het.
Sien skakel van Maroela Media hier onder: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ons-wil-net-weer-n-huis-he-se-gesin-wat-byna-alles-in-brand-verloor/
Drie lede van die Krige Bond [een uit die Strand, een van die Wes-Rand en een uit Bloemfontein] het dit onder ons aandag gebring. Die bestuur van die Krige Bond het hieroor koppe bymekaar gesit en het positief hierop gereageer. Ons het dus besluit:
* Ons sirkuleer hierdie inligting met die betrokke skakel aan almal met wie ons deur Facebook kommunikeer.
* Elkeen kan na goeddunke oor ‘n bydrae besluit en gebruik maak van die donasie-opsie BackaBuddy op die ingeslote berig van Maroela Media.
WIE IS HIERDIE KRIGES?
Die maklikste uiteensetting is om in Die Krige Annale te gaan blaai na bladsy 13|54. Daar sal julle die nodige agtergrond van Johan en Marhet-Ann Krige en hul twee seuns Jodan en Alexander vind.
‘Ons wil net weer ʼn huis hê,’ sê gesin wat byna alles in brand verloor | Maroela Media
“Ek en my seuns kon daarin slaag om betyds uit te kom en in my voertuig weg van die vlamme te ry, maar my man – wat desperaat probeer het om van ons besittings en diere te red – moes met afgryse toekyk hoe ons hele huis deur reuse-vlamme vernietig word.”
15/12/2022
A quick reminder that if you are unable to make the meeting on Saturday the 17th of December in person, you will be able to join the live broadcast via the link below with Kriges all over the world.
Krige Fees 300 family meeting
Join the extended Krige family for the first festival in 50 years to celebrate 300 years in South Africa on 16 – 18 December 2022 in Stellenbosch. The core e...
12/12/2022
Aftreehuis, gastehuis, familiehuis en losieshuis. Caledon Villa was al ‘n tuiste vir duisende mense van oor die hele wêreld. Dis ook die hart van die Krige argief en bied ruimtes met versamelings van kunswerke, erfstukke en artefakte. Die Edwardiaanse huis is deur ‘n Krige dominee van Caledon gebou, en vandag die eiendom van Johan Krige. Caledon Villa is oop vir besoekers op die Saterdagmiddag van die Krige Fees 300. Kom ontdek die spesiale vertrekke en solder ruimtes waar jy ure se interessante ontdekkings sal maak. Maak ‘n bespreking en vind meer uit by www.krigefamily.co.za.
02/12/2022
Think of your Krige family members and the ones who grew really old. Many of them were keen hikers. We continue the tradition by taking to the mountains on Saturday 17 December 2022. Family members, young and old, can join the Krige Fees 300 hike up Stellenbosch mountain to see the town from high up early morning. If you would rather be on your bike, there is a group to join. Read more on www.krigefamily.co.za.
14/11/2022
Kanonkop is al vir generasies in die Krige familie. Die wynlandgoed buite Stellenbosch produseer van Suid-Afrika se top wyne. Johann en Paul is agtste generasie Kriges wat ‘n trotse familietradisie voortsit. Johann bied op Vrydag 16 Desember ‘n spesiale persoonlike wynproe vir die Krige familie aan as deel van die Krige Fees 300. Vind meer uit by www.krigefamily.co.za.
31/10/2022
Was jy al ooit in ‘n regte grafkelder? Die beroemde argitek, Carl Otto Hager, het in 1842 vir die Krige familie ‘n deftige grafkelder ontwerp agter die Moederkerk in Stellenbosch. Dit is herbou in 2008 en bevat 139 nissies vir Kriges. Die Krige familie hou op Sondag 18 Desember ‘n spesiale seremonie in die kerktuin voor die grafkelder, en almal sal kans kry om die pragtige binnekant te sien. Vind meer uit by www.krigefamily.co.za. Besoek: www.quicket.co.za/events/176565-krige-fees-300/
17/10/2022
Weet jy waar jou familie vandaan kom? Die Krige familie se geskiedenis is deeglik gedokumenteer sedert die eerste Krige meer as 300 jaar gelede in Suid-Afrika aangekom het. Deur die jare het Kriges spesiale erfstukke versamel, wat vandag in Caledon Villa se huismuseum te sien is. Dis besondere genealogiese skatte en het al heelwat mense inspireer om meer uit te vind oor hul eie herkoms. Petro Coreejes-Brink is een van hulle en is vandag ‘n leiersfiguur in familiegeskiedenis. Sy deel wenke en raad oor familie navorsing tydens die Krige Fees 300 vergadering op Saterdag 17 Desember 2022. Besoek: www.quicket.co.za/events/176565-krige-fees-300/ Vind meer uit by www.krigefamily.co.za.
03/10/2022
Ou Krige plase binne Stellenbosch se dorpsgrense is vandag kantore en die wingerde omskep in woonbuurte. Die pragtige opstalle van Vredelust en Libertas Parva is egter nog te sien. Oude Libertas is omskep in ‘n reuse wynkelder wat vandag onder die vaandel van Distell besigheid bedryf. Ons gaan al hierdie juwele te voet herontdek deur die strate in die hart van Stellenbosch. Sluit aan die by historiese staptog, gelei deur veteraan Stellenbosch kenner, Pietman Retief, op Vrydag 16 Desember 2022. Koop ‘n kaartjie en vind meer uit by www.krigefamily.co.za. Besoek: www.quicket.co.za/events/176565-krige-fees-300/
19/09/2022
Have you met Captain Courageous in person? Shake his hand in Stellenbosch on 17 December when the Krige family will welcome Corné Krige as a keynote speaker during the Krige Fees 300 meeting. Chatting to media specialist Fanie Krige on stage, he will tell his life story. Corné was born in Lusaka in Zambia and ended up as captain of the Springbok rugby team. If you can’t make the meeting in person, you will be able to join the live broadcast with Kriges all over the world. Find our more on www.krigefamily.co.za.
05/09/2022
Remember the movie Chariots of Fire (ok granted it was released before some of you were born)? Our silver screen Krige heroine was also in Star Trek and Ghost Story. Alice Krige is probably the most internationally known Krige. Born in Upington, she will be one of the keynote speakers at the Krige Fees 300 in Stellenbosch from 16 – 18 December 2022. Joining her on stage will be brother Jake, a professor and surgeon from Groote Schuur Hospital. Book a ticket to hear their stories.
24/08/2022
Was jy al in die hart van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch? Die Japie Krige saal is waar die Krige familie in Desember 2022 ‘n groot familiesaamtrek hou. Hoekom is die saal na Japie Krige vernoem? Hy was 30 jaar lank die vise-hoof en 20 jaar lank inwonende koshuisvader wat duisende jong manne in toom moes hou. Hy was ‘n legende. Vir die Krige Fees 300 bou ons uitstallings in die saal, en het beroemde Kriges van oor die wêreld genooi as sprekers. Vind meer uit by www.krigefamily.co.za