🏆 BAIE GELUK, AFRIGTER GERT ALBERTSE! 🇿🇦
Baie geluk aan Gert Albertse, afrigter van die 580kg Senior Gemengde Protea-span, met hierdie besondere prestasie! 👏💪
Gert, ons weet jy en jou Protea-span gaan Suid-Afrika met trots verteenwoordig. 🇿🇦🔥 Ons glo in julle en weet julle gaan alles gee wanneer julle die tou vat!
Maak ons trots, Proteas! 🏆💚💛
Sterkte vir die Wêreldkampioenskappe – trek hom styf! 💪🔥
Helderberg Toutrek Klub
Email:[email protected]
🇿🇦🧡 DISA DAMES OP PAD NA DIE WÊRELD! 🧡🇿🇦
Ons harte bars van trots! 🎉💪
Baie geluk aan ons vier ongelooflike Disa-dames wat tot die Suid-Afrikaanse Protea Toutrekspan verkies is! 🇿🇦🏆
🌟 Zounica van der Merwe
🌟 Chloë Smith
🌟 Diandri van Biljon
🌟 Abigail Benson
Julle harde werk, deursettingsvermoë en passie vir toutrek het vrugte afgewerp. Dit is ’n geweldige eer om die groen en goud te mag verteenwoordig! 💚💛
In September pak julle die wêreld aan in Hartenbos by die Wêreld Toutrekkampioenskappe. 🌍💪
Disa is trots op julle! 🧡
Gaan wys vir die wêreld waarvan ons Disa-dames gemaak is! 🔥
🇿🇦 Trek met trots. Trek met hart. Trek vir SA! 🇿🇦
Dankie Leezelle Cronje vir prag foto's
🏆🇿🇦 PROTEA’S – ’N PRESTASIE OM OP TROTS TE WEES! 🇿🇦🏆
Helderberg Toutrek Klub wil met baie trots die volgende mans-atlete gelukwens wat tot die Nasionale Protea Toutrekspan verkies is! 💪🔥
Hulle sal in September Suid-Afrika se naam hoog hou wanneer hulle ons land in Hartenbos by die Wêreld Toutrekkampioenskappe verteenwoordig. 🌍🇿🇦
👏 Baie geluk aan:
💪 Tiaan Ras
💪 Mario de Jager
💪 Rico Thiart
💪 Michael Phillips
💪 Gawie Marais
💪 Lourens Crous
💪 Dirkie Human
💪 Francois Janse van Rensburg
Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het julle tot op hierdie vlak gebring. Ons weet julle gaan alles gee wanneer julle die Protea-kleure aantrek! 🧡💪
Helderberg Toutrek Klub is ongelooflik trots op elkeen van julle!
Gaan wys vir die wêreld wat Helderberg en Suid-Afrika kan doen! 🇿🇦🔥
STERK TREK, PROTEAS! 💪🇿🇦🏆
Dankie Leezelle Cronje vir prag foto's
09/07/2026
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Telephone
Website
Address
Van Riebeeck Park Stadium
Strand
7140