02/11/2026
🏆🔴🔵 SUURBRAAK PROGRESS KWALIFISEER VIR SEMI-FINAAL! ⚪
Wat ’n naweek, wat ’n vertoning en wat ’n ongelooflike spanpoging!
Suurbraak Progress RFC het die naweek op Struisbaai kragte gemeet teen Struisbaai RFC in ’n belangrike Top 16-kragmeting. Met vasberadenheid, deursettingsvermoë, spanwerk en veggees het ons manne daarin geslaag om met ’n 27–17 oorwinning van die veld af te stap!
Hierdie oorwinning beteken dat SUURBRAAK PROGRESS RFC GEKWALIFISEER HET VIR DIE TOP 16 SEMI-FINALE! 🔥🏉
Aan elke speler, afrigter, bestuurslid en ondersteuner: baie geluk! Julle harde werk, opoffering en onwrikbare ondersteuning dra by tot hierdie besondere prestasie.
Aan ons spelers, julle het weereens gewys wat dit beteken om die Progress-trui met trots te dra. Julle het nie net vir die oorwinning gespeel nie, maar ook vir mekaar, vir julle klub en vir die gemeenskap wat agter julle staan.
Aan ons lojale supporters wat die pad Struisbaai toe aangedurf het – dankie dat julle ons manne deur dik en dun ondersteun. Julle teenwoordigheid en aanmoediging beteken meer as wat woorde kan beskryf.
Ons reis is nog nie verby nie. Die droom leef voort en die fokus verskuif nou na die SEMI-FINALE!
ONE TEAM. ONE DREAM. ONE PROGRESS!
🔴🔵⚪ UNITED IN PRIDE, DRIVEN BY PASSION!