02/12/2024
TCC Jaareindfunksie - 30 November
Saterdag het Thabazimbi Cycling Club die oggend begin met n Enduro sessie en in totaal is daar 485km gery.
Daarna was daar gesellig gekuier om die sukses van die jaar aftesluit.
Prysuideling Wenners is as volg:
▪︎ Sprinter van die jaar (Man/Vrou)
Linda Brits
▪︎ Vrou van die jaar 2024
Linda Brits
▪︎ Man van die jaar 2024
Louis La Grange
▪︎ Mees verteenwoordigende Atleet vir die jaar
Louis La Grange
▪︎ Opkomende Atleet
Chalynn Brits
▪︎ Houtlepels
Chris Boucher
Johan & Anelie van Tonder
Ons sien uit na wat 2025 vir ons gaan inhou en ons is opgewonde om te sien wat julle alles gaan aanpak. Mag julle altyd veilig wees op die pad.
11/11/2024
Die naweek se lekker oefen sessie!
02/11/2024
ALZU Tour the Farm MBT
Middelburg
Louis La Grange het vandag aan die wedren deelgeneem en het met n mooi tyd klaargemaak.
Baie geluk!
01/11/2024
22 September 2024
Heinrich en Charimaine het die Karoo to Coast gaan aanpak en dit met n baie goeie tyd klaargemaak.
Baie geluk julle 2!
01/11/2024
SPINNING vir n goeie doel.
Saterdag 26 Oktober, het lede van TCC aan die I LOVE BO***ES 2024 Spindag deel gaan neem by Swartklip Golfklub ten bate van Borskanker maand.
Dit was n baie WARM dag maar elkeen het dit vreeslik geniet.
Baie dankie aan ons Sustersklub, Black Rock Riders wat ons weereens so welkom laat voel het.
Ons maak weer so in 2025
02/10/2023
Die wenners van die Helikopter Flip wat geborg is deur Heligame Services is Sandra Janeke en Ettiene Pieterse.
Albei atlete het al 3 wedlope gedoen en was in die wenners sirkel gewees in hulle kategorië met elke wedloop.
Baie geluk julle!
02/10/2023
Baie geluk aan al ons wenners van die naweek.
Trots op julle!
02/10/2023
Julle almal was fantasties!
🏃♀️🚴♀️
02/10/2023
Oud en jonk het die dag saam kom geniet.
02/10/2023
Pragtige fotos van ons fietsryers wat Saterdag aan die Fun Day kom deelneem het.
🚴♀️🚴♀️🚴♀️