Thabazimbi Kickboxing

Thabazimbi Kickboxing

Share

KICKBOX AND MARTIAL ARTS TOURNAMENT TRAINING / SELF DEFENCE,WEAPON AND KATA TRAINING AND FITNESS TRAINING.

22/05/2026

Well done Champs!!!

Thabazimbi se skopboksers skop wêreldwyd stof op!

Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Die Thabazimbi Skopboks Klub het onlangs rede gehad om behoorlik trots te wees nadat vyf van hul talentvolle atlete uitstekende prestasies by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Oudtshoorn behaal het.

Die atlete het vanaf die provinsiale kompetisie, wat in Februarie in Ellisras gehou is, deurgedring na die nasionale kampioenskappe wat van 24 tot 28 April plaasgevind het. Volgens die klub was die toernooi streng en uitdagend, maar het die span hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Elke atleet en afrigter het hul beste gegee en hulself tot die uiterste gedruk.

Die volgende prestasies is behaal:
Oratile Nkwana het tweede plek in “Continues Fighting” en derde plek in “Kick Light” verower.
Divan van den Berg het aan Gevegkuns-Punte, “Continues Fighting” en “Kick Light” deelgeneem en in al drie afdelings vyfde plekke nasionaal behaal.
Catelynn Fortune het tweede plekke in Gevegkuns-Punte en “Continues Fighting”, asook ’n derde plek in “Kick Light” behaal.
Xander Pretorius het eerste plek in Tradisionele Vorme met wapens (kata) gewen en derde plek in Gevegkuns-Punte behaal.
Justin Olivier het ’n algehele derde plek in K1 verower.

Die span is tydens die kampioenskappe ondersteun deur Chris Pretorius, Justin Olivier en Lourens du Plessis, wat as afrigters opgetree het. Die klub wag nou in spanning vir bevestiging of die atlete in September 2026 na Italië sal reis om Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig.

Foto: Die trotse atlete van die Thabazimbi Skopboks Klub het uitstekende prestasies by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Oudtshoorn gelewer en hou nou hul duime vas vir ’n moontlike internasionale avontuur in Italië. Van links: Diwan van den Berg, Alexander Pretorius, sensei Chris Pretorius, sensei Justin Olivier, Oratile Nkwana, en Cate Fortune.


Extracted from Platinum Bushvelder newspaper – May 2026 Issue 4

15/02/2026
Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Thabazimbi?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


Bioscope Hall Jourdan Str Thabazimbi
Thabazimbi
0380

Opening Hours

Monday 15:30 - 18:30
Tuesday 17:30 - 18:30
Wednesday 15:30 - 18:30
Thursday 17:30 - 18:30