14/02/2022
Die Newton Classic Shoot-Out was gehou tydens die Randburg Prestige Byeenkoms by Ruimsig. 'n Paar Kloof atlete het kom groet by die Newton tent en gesels met van die Olimpiese atlete. Line Kloster van Noorweë (400m en 400m hekkies spesialis) en Wenda Nel (400m hekkies) is saam op die foto.
08/02/2022
Bietjie goeie nuus van ons oud-Kloof Atlete...
Marissa Swanepoel is gekies as deel van die SA Span vir die "2022 World Racewalk Championship" wat 4&5 Maart in Muscat, Oman gehou gaan word. Sy sal deelneem in die 20km item. So trots op jou!
Oud-Klofies Hoërskool Waterkloof
08/02/2022
More is dit weer tyd vir die Tuks Top 10. Baie sterkte aan al die atlete wat gaan deelneem.
Ons atlete tydens die openingsoptog by die Tuks Top 10 Hoërskool Waterkloof
29/09/2021
SA REKORD VIR WESLEY BADENHORST: 69,96m seuns u15
Baie geluk aan al die gooiers!!! Mia van den Berg D15 met 'n PB in die diskus: 40,19m
Dale Arlow S17 GS 15,25m
18/08/2021
Marissa Swanepoel, een van Kloof se oud-leerlinge is deel van die SA Span wat van vandag af deelneem aan die World Athletics Championships in Nairobi Kenia. Die 10 000m stap waaraan sy deelneem is Sa 21 Aug om 09:20 SA tyd. Die byeenkoms word uitgesaai op SuperSport kanaal 208. Oud-Klofies
30/04/2021
Nog ‘n bietjie nuus van ons Oud-Kloof atlete…
Twee weke terug was die ASA Senior T&F byeenkoms by die Tuks Atletiek Stadion gehou.
Nicolas Ferns (2015) het ‘n brons medalje (3e plek) in die 200m verdien terwyl Christopher Swart (2018) ‘n silver medalje in ‘n baie spannende 1500m los gehardloop het.
Ander atlete wat deelgeneem het was Cindy van Bers (2017), 800m, Juwan Blignaut (2020) 800m en Nicola Jansen (2020) 5000m.
30/04/2021
So bietjie aletieknuus van ons Oud-Kloof atlete.
Marissa Swanepoel het gisteraand die o/20 SA rekord vir die 5000m Stap in ‘n rekord tyd van 23:27.4 gebreek. Die vorige rekord was 23:37.01 wat in 2002 opgestel is. ‘n Baie besonderse prestasie! 💪💪💪
12/04/2021
Die Gauteng-Noordkampioenskappe waar atlete kwalifiseer om aan SA’s deel te neem, het 25-27 Maart plaasgevind en die Klofies het die atletiekwêreld behoorlik laat regop sit.
‘n Allemintige 31 van ons atlete het deelgeneem, waarvan 13 medaljes op die kampioenskappe verower is. Nog ‘n ekstra 5 medaljes is verower deur oud-Klofies: Nicola Jansen, Juwan Blignaut en Christopher Swart. 14 van die Klofies was in die Gauteng-Noordspan opgeneem, wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel geneem het (7-10 April, Paarl).
Eerste plekke:
Shawné Anderson, D18, verspring; Jason Houy, S16, hoogspring
Tweede plekke:
Cassidy Lacy, D18, 100 m; Euan Bouwer, S18, 110 m-hekkie en 400 m-hekkie; Danre Tustin, S16, verspring; Riane van den Berg, D16, 90m-hekkie; Wesley Badenhorst, S16, diskusgooi
Derde plekke:
Kayla Murray, D18, 100 m; Reinhardt Stipp, S20, 400 m; Mia van den Berg, D16, gewigstoot; Heike de Klerk, D16, verspring; Paul van den Berg, S18, driesprong
12/04/2021
Shawné Anderson in die Paarl. Shawné het in beide die driepsrong en verspring deelgeneem by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in die Paarl. Baie geluk Shawné! Sy het 'n algehele 6de plek behaal met die o.18 driesprong en 'n 11de plek in die verspring.
12/04/2021
Heike de Klerk is definitief een van Kloof se top-atlete om dop te hou vir die toekoms. 'n Graad 8 dogter, wat by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aan die o.16 100m en verspring deelgeneem het, sowel as 2x aflosse. Heike, Kloof is ongelooflik trot op jou!