Upington Lions Cricket Club

Call Directions Contact the business

Upington Lions Cricket Club Krieket Klub

🏏 UPINGTON LIONS – SEISOEN 2026/2027 Wedstryd 2🦁 Sien Upington Lions se span vir more se stryd teen Desert Eagles by L/S...
09/10/2026

🏏 UPINGTON LIONS – SEISOEN 2026/2027 Wedstryd 2🦁

Sien Upington Lions se span vir more se stryd teen Desert Eagles by L/S Upington.

Dit is ons tweede wedstryd van die 2026/2027-seisoen.

Kom ondersteun asb more lekker harde local krieket.

Een span, een familie, een doel! 🦁🏏

#20262027

07/10/2026
🦁🏏 UPINGTON LIONS BEKLINK OORWINNING IN GROBLERSHOOP TEEN KHEIS PROTEAS.🦁🏏 Op 3 Oktober 2026 het die Upington Lions na L...
06/10/2026

🦁🏏 UPINGTON LIONS BEKLINK OORWINNING IN GROBLERSHOOP TEEN KHEIS PROTEAS.🦁🏏

Op 3 Oktober 2026 het die Upington Lions na L/S Groblershoop gereis vir ’n geskiedkundige ZFM Krieket Sub-Unie 50 beurte wedstryd teen die Kheis Proteas.

Dit was ’n besonderse dag vir krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die Upington Lions en Kheis Proteas mekaar in ’n amptelike wedstryd ontmoet het.

Met Kheis Proteas as ’n nuwe span in die liga, was dit ’n belangrike oomblik in die geskiedenis van die kompetisie.

Die Lions het die loot gewen en besluit om eerste te boul.
Die Lions se boulers het van die begin af druk toegepas en Kheis Proteas is uiteindelik vir slegs 48 lopies in 12.5 beurte uitgeboul.

Darren Coetzee was die uitblinker met die bal en het ’n uitstekende 5/16 in 5 beurte geneem. Kaptein SJ Becker het hom uitstekend ondersteun met 3/9 in 4 beurte, terwyl Gerrie Pretorius 2/4 geneem het.

Vir die tuisspan was Tjepo Sebonga die topkolwer met 17 van 14 b***e, terwyl Elroy Olyn met 8 nie uit nie van 15 b***e geΓ«indig het.

🦁 LIONS SE BEURT

Met slegs 49 lopies benodig vir oorwinning, het die Lions se jaagtog nie heeltemal volgens plan begin nie. Imran Khan van Kheis Proteas het ’n ongelooflike boulvertoning gelewer en die Lions se toporde onder groot druk geplaas.

Die Lions het egter karakter en vasberadenheid gewys.

SJ Becker het die voortou geneem met ’n vinnige 16 van 11 b***e, insluitend twee viere en ’n ses. Darren Coetzee het ’n belangrike 10 van 13 b***e bygedra.

Nadat die Lions op 39/6 gesukkel het, het Donavan Williams 10(15) nie uit nie en Gerrie Pretorius 4(8) nie uit nie kalm gebly en die span oor die wenstreep gelei.

Die twee het ’n belangrike onoorwonne 10-lopie sewende-paaltjie-vennootskap saamgestel. Donavan het met 10 nie uit nie van 15 b***e geΓ«indig, terwyl Gerrie 4 nie uit nie van 8 b***e aangeteken het.

Die Lions bereik uiteindelik 49/6 in 11 overs en verseker ’n vier-paaltjie oorwinning.

🦁 UPINGTON LIONS WEN MET 4 PAALTJIES 🦁

🀝 BELANGRIKE VENNOOTSKAPPE

Een van die belangrikste oomblikke van die Lions se jaagtog was die kalmte wat die middelorde getoon het.

SJ Becker en Darren Coetzee het ’n belangrike 10-lopie vennootskap opgebou voordat SJ Becker met die telling op 22 uit is. Daarna het Darren Coetzee en JB Giliomee nog 10 lopies bygevoeg om die telling na 32 te neem.

Die belangrikste vennootskap van die wedstryd het egter aan die einde gekom toe Donavan Williams en Gerrie Pretorius saamgestaan het. Vanaf 39/6 het hulle die nodige 10 lopies sonder verdere paaltjie-verlies aangeteken om die Lions die oorwinning te besorg.

⭐UPINGTON LIONS SPELER VAN DIE WEDSTRYD

πŸ† Darren Coetzee

’n Uitstekende veelsydige vertoning van Darren!

🎯 5/16 met die bal
🏏 10 lopies met die kolf

Sy boulwerk was deurslaggewend om Kheis Proteas vir slegs 48 uit te boul, en hy het daarna ook waardevolle lopies bygedra in die Lions se jaagtog. Hy is tereg aangewys as Upington Lions Speler van die Wedstryd.

🏏 TOP KOLWERS UPINGTON LIONS:

β€’ ⭐ SJ Becker – 16 (11)
β€’ Darren Coetzee – 10 (13)
β€’ Donavan Williams – 10 (15)*

🎯 TOP BOULERS UPINGTON LIONS

β€’ πŸ”₯ Darren Coetzee – 5/16
β€’ SJ Becker – 3/9
β€’ Gerrie Pretorius – 2/4

🦁 ’N BESONDERE DAG VIR DIE LIONS

Die wedstryd was ook ’n belangrike geleentheid vir drie spelers wat hul Upington Lions-debuut gemaak het:

Kobus Nel, JP Theron en Hein Stacsh.

Baie geluk aan die drie spelers met hierdie belangrike mylpaal in hul Lions-loopbane. πŸ‘πŸ¦

Die Lions het karakter gewys om, ondanks ’n moeilike begin met die kolf, kalm te bly en die teiken van 49 lopies te jaag. Die oorwinning is ’n goeie aanduiding van die span se veggees en vasberadenheid.

Finale uitslag:

🟒 Kheis Proteas – 48/10 (12.5)
πŸ”΅ Upington Lions – 49/6 (11.0)

πŸ† UPINGTON LIONS WEN MET 4 PAALTJIES!

Baie geluk aan die hele span, bestuur, en ondersteuners. ’n Groot dankie aan almal wat die Lions ondersteun het en saam met ons hierdie geskiedkundige eerste ontmoeting teen Kheis Proteas meegemaak het.

Een span. Een Leeu-familie. πŸ¦πŸ’™

🏏 UPINGTON LIONS – SEISOEN 2026/2027 Wedstryd 1🦁 Sien Upington Lions se span vir more se stryd teen Kheis Proteas in Gro...
02/10/2026

🏏 UPINGTON LIONS – SEISOEN 2026/2027 Wedstryd 1🦁

Sien Upington Lions se span vir more se stryd teen Kheis Proteas in Groblershoop aanpak!

Dit is die eerste wedstryd van die 2026/2027-seisoen, en ons sien uit na ’n nuwe seisoen vol goeie krieket, spanwerk en vriendskap.

Kom ondersteun ons span en help om die nuwe seisoen op ’n hoogtepunt af te skop!

Een span, een familie, een doel! 🦁🏏

#20262027

Die nuwe seisoen is hier! πŸπŸ’™Ons is trots om die Upington Lions Cricket Club se 2026 ZFM Cricket Sub-Union 50-Beurte Liga...
01/10/2026

Die nuwe seisoen is hier! πŸπŸ’™

Ons is trots om die Upington Lions Cricket Club se 2026 ZFM Cricket Sub-Union 50-Beurte Liga-fixtures met julle te deel.

Van tuiswedstryde by L/S Upington tot ons wegwedstryde in die streek β€” ons nooi al ons ondersteuners, familie, vriende en die gemeenskap uit om langs die veld te kom staan en die Lions te ondersteun. πŸ¦πŸ’™

πŸ“ Kom ondersteun die Lions by L/S Upington wanneer ons tuis speel, of reis saam met ons wanneer ons die pad vat vir ons wegwedstryde.

Elke wedstryd is ’n geleentheid om ons klub, spelers en gemeenskap te ondersteun.

Bring jou familie, bring jou vriende en kom geniet ’n dag van goeie krieket! 🏏

Your support makes a difference!

🦁 ONE CLUB β€’ ONE FAMILY β€’ ONE GOAL 🦁

🏏 BAIE DANKIE, AHB LOGISTIX! πŸš›Upington Lions Krieketklub wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan AHB Logi...
23/09/2026

🏏 BAIE DANKIE, AHB LOGISTIX! πŸš›

Upington Lions Krieketklub wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan AHB Logistix vir die vervoer van ons krieketbaan-bulli vanaf Kimberley na Upington.

Julle ondersteuning en bereidwilligheid om ons klub te help, beteken ongelooflik baie vir ons! πŸ™πŸ

Vir enige vervoerbehoeftes – groot of klein – kontak gerus AHB Logistix.

Professionele diens, betroubaarheid en uitstekende ondersteuning in Suid-Afrika en NamibiΓ«! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‡³πŸ‡¦

AHB Logistix – julle vrag, ons verantwoordelikheid! πŸš›πŸ’ͺ

🦁 ’n Boodskap vir  2026/2027 SeisoenAan ons spelers, ondersteuners, borge en families Met groot opgewondenheid en trots ...
23/09/2026

🦁 ’n Boodskap vir 2026/2027 Seisoen

Aan ons spelers, ondersteuners, borge en families

Met groot opgewondenheid en trots tree ons die 2026/2027-krieketseisoen binne. Namens die Upington Lions Krieketklub wil ek elke speler, ondersteuner, borg en familielid hartlik bedank vir julle voortdurende ondersteuning, toewyding en geloof in ons klub.

’n Nuwe seisoen bring nuwe geleenthede, nuwe uitdagings en nuwe herinneringe.

Ons doel is nie net om wedstryde te wen of trofeΓ«s te verower nie. Krieket gaan oor soveel meer β€” dit gaan oor vriendskappe wat gevorm word, families wat saamstaan, spanmaats wat mekaar ondersteun, respek vir ons teenstanders en die vreugde om die spel wat ons almal liefhet, te geniet.

Aan ons spelers: speel met trots, passie, respek en ’n goeie gesindheid. Ondersteun mekaar op Γ©n van die veld af en geniet elke oomblik van die seisoen.

Aan ons families en ondersteuners: julle aanmoediging, opoffering en teenwoordigheid beteken meer as wat woorde kan beskryf. Julle is ’n belangrike deel van die Lions-familie.

Aan ons borge: baie dankie vir julle vertroue en ondersteuning. Julle bydrae help om geleenthede vir ons spelers en ons klub te skep.

Kom ons maak van 2026/2027 ’n seisoen van eenheid, vriendskap, respek en onvergeetlike herinneringe. Kom ons speel hard, ondersteun mekaar, geniet die spel en bou saam aan ’n sterker klub.

Een Klub. Een Familie. Een Doel.

UPINGTON LIONS KRIEKETKLUB

Met trots speel ons. Met vriendskap groei ons. Saam geniet ons die spel.

Marius Goussard
Voorsitter
Upington Lions Krieketklub

🦁🏏 ’N BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER AAN ONS LIONS-FAMILIE 🏏🦁Aan elke speler, ondersteuner, bestuurslid, borg, familie en v...
18/09/2026

🦁🏏 ’N BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER AAN ONS LIONS-FAMILIE 🏏🦁

Aan elke speler, ondersteuner, bestuurslid, borg, familie en vriend van die Upington Lions Krieketklub β€”

As Voorsitter wil ek graag net dankie sΓͺ na afloop van ons 2025/2026 seisoen.

Eerstens wil ek begin deur iets baie belangrik te sΓͺ:

ELKE SPELER WAT DEEL WAS VAN DIE 2025/2026-SEISOEN, IS ’N WENNER IN MY OΓ‹. πŸ¦πŸ’™β€οΈ
🀍
Maart maand het ons sertifikate, medaljes en trofeΓ«s aan verskeie spelers oorhandig vir besondere prestasies gedurende die seisoen.

Maar ons moet nooit vergeet dat ’n span uit meer as net die spelers wie se name op trofeΓ« verskyn, bestaan nie.

Daar was spelers wat wedstryde gespeel het, spelers wat op die bank gewag het vir hul kans, spelers wat tydens oefeninge hard gewerk het, spelers wat belangrike lopies en paaltjies bygedra het, spelers wat in die veld gehelp het, spelers wat ander spelers ondersteun het β€” en spelers wat eenvoudig daar was wanneer die klub hulle nodig gehad het.

Aan elkeen van julle: DANKIE. πŸ™

Julle bydrae tot die klub se sukses is net so belangrik.

Ons moet trots wees op wat ons as ’n span gedurende die 2025/2026-seisoen bereik het.🏏

Ons het vir die derde agtereenvolgende keer die 40-Beurteliga se eindstryd gehaal.

Ons het ongelukkig weer baie naby gekom, maar die trofee het hierdie keer nie ons kant toe gekom nie.

Maar dit is waaroor die Lions gaan.

Ons het nie ons koppe laat sak nie.
Ons het teruggekom.
Ons het aangehou werk.
Ons het aangehou glo.

En toe kry ons die geleentheid om onsself in die T20-eindstryd teen Upington College te bewys.

Wat ’n wedstryd was dit nie! πŸ”₯🏏

’n Baie spannende en uiters gelykop wedstryd waarin elke lopie, elke paaltjie en elke oomblik belangrik was.

En hierdie keer het die Upington Lions deurgedruk en die T20-trofee huis toe gebring! πŸ†πŸ¦

Dit is vir my een van die grootste dinge wat ons uit hierdie seisoen kan neem:

Ons mag dalk geval het, maar ons het weer opgestaan.

Dit is die karakter van die Lions.
Dit is die gees van ons klub.
En dit is wat ek hoop elke speler saam met hom sal neem wanneer ons na die volgende seisoen beweeg.πŸ’™β€οΈπŸ€

AAN ONS SPELERS

Aan elke speler wat gedurende die 2025/2026-seisoen die Lions-trui aangetrek het β€” dankie dat julle deel was van hierdie span.

Of jy nou 500 lopies aangeteken het of jou eerste lopie vir die klub gekry het.
Of jy nou 20 paaltjies geneem het of jou eerste paaltjie vir die Lions geneem het.
Of jy nou elke wedstryd gespeel het of slegs ’n paar wedstryde die geleentheid gekry het.
Of jy nou ’n sertifikaat, medalje of trofee ontvang het β€” julle is almal deel van die storie.

En aan die spelers wat Maart nie ’n individuele sertifikaat, medalje of trofee ontvang het nie:
Moet asseblief nooit dink dat julle bydrae nie raakgesien of waardeer word nie.
’n Krieketklub word nie deur een speler gebou nie.

Dit word gebou deur elke persoon wat bereid is om sy deel te doen.

Julle was deel van ons 2025/2026-seisoen.
Julle was deel van die reis.
Julle was deel van die drie agtereenvolgende 40-Beurt-eindstryde.
Julle was deel van die terugkoms.
En julle is deel van die T20-kampioenskap.

JULLE IS DIE UPINGTON LIONS. 🦁
________________________________________

πŸ™ BAIE DANKIE

Ek wil ook namens die Upington Lions Krieketklub my opregte dank uitspreek aan elkeen wat die UPINGTON LIONS KRIKETAAND 2025/2026 in Maart moontlik gemaak het.

Aan almal wat gehelp het met die reΓ«lings, voorbereiding, pryse, sertifikate, medaljes, trofeΓ«, kos, dekor, administrasie en al die klein dinge wat mense nie altyd raaksien nie β€” baie dankie.

’n Spesiale woord van dank aan al ons borge wat deur die seisoen en met hierdie spesiale aand agter die Upington Lions gestaan het.

Sonder julle ondersteuning sou Maart nooit moontlik gewees het nie.

Ons sien julle ondersteuning raak.
Ons waardeer dit.
En ons wil eenvoudig sΓͺ:
BAIE DANKIE DAT JULLE IN DIE UPINGTON LIONS GLO. πŸ™πŸ¦

Aan ons families en ondersteuners wat langs die veld staan, saam reis, aanmoedig, hoopvol bly en soms saam met ons die hartseer van ’n verloor en die vreugde van ’n wen beleef β€” dankie dat julle deel van ons Lions-familie is.
________________________________________

🦁 ONS BOU SAAM

As ek terugkyk na die 2025/2026-seisoen, sien ek nie net die trofeΓ« nie.

Ek sien ’n groep mense wat saam ’n klub bou.
Ek sien spelers wat mekaar ondersteun.
Ek sien vriendskappe wat sterker geword het.
Ek sien jong spelers wat ontwikkel.
Ek sien ervare spelers wat hul kennis deel.
Ek sien mense wat bereid is om hul tyd en energie vir die klub te gee.
En ek sien ’n Upington Lions Krieketklub wat aanhou groei.
Ons het nog baie om voor te speel.
Ons het nog baie om te leer.
Ons het nog baie wedstryde om te wen.
En hopelik nog baie trofeΓ« om te lig. πŸ†πŸ¦

Maar wat ook al volgende seisoen gebeur, laat ons altyd onthou waarvoor die Lions staan:

**Speel met passie.
Lei met integriteit.
Laat ’n nalatenskap.**

Aan elke speler β€” dankie vir jou bydrae tot die 2025/2026-seisoen.

Ek is trots om saam met julle deel te wees van hierdie klub.

UPINGTON LIONS KRIEKETKLUBπŸ’™β€οΈπŸ€

Een klub. Een span. Een Lions-familie. 🦁

Marius Goussard
Voorsitter
Upington Lions Krieketklub

🏏🦁 UPINGTON LIONS KRIEKETAAND 2025/2026 🦁🏏Ons vier prestasie β€’ Toewyding β€’ Spanwerk β€’ UitnemendheidWat ’n besonderse aan...
16/09/2026

🏏🦁 UPINGTON LIONS KRIEKETAAND 2025/2026 🦁🏏

Ons vier prestasie β€’ Toewyding β€’ Spanwerk β€’ Uitnemendheid

Wat ’n besonderse aand vir die Upington Lions Krieketklub! 🦁

Ons het as ’n klub bymekaargekom om ons spelers se harde werk, toewyding en uitstekende prestasies gedurende die 2025/2026-krieketseisoen te vier.

Die aand was oor veel meer as net trofeΓ«s en medaljes. Dit was ’n geleentheid om erkenning te gee aan die spelers wat deur die seisoen hul passie, deursettingsvermoΓ« en liefde vir die spel gewys het β€” in beide die 40-Beurteliga en die T20-liga. πŸπŸ’™β€οΈ
🀍
πŸ† 40-BEURTELIGA TOEKENNINGS

πŸ₯‡ Beste Kolwer – John Longland

John het die 40-beurteseisoen afgesluit met ’n indrukwekkende 311 lopies, en het deur die seisoen konsekwent belangrike bydraes met die kolf gelewer.

🎯 Beste Bouler – Darren Coetzee

Darren het ’n uitstekende 40-beurteseisoen gehad en het ’n indrukwekkende 22 paaltjies geneem.

🧀 Beste Veldwerker – Franco Swart

Franco het homself weer as ’n uitstaande veldwerker bewys en is aangewys as die Beste Veldwerker in die 40-Beurteliga vir die tweede agtereenvolgende seisoen.

’n Besonderse prestasie en ’n bewys van sy konsekwentheid en toewyding! πŸ‘πŸ”₯

πŸ† T20-LIGA TOEKENNINGS
πŸ₯‡ Beste Kolwer – Franco Swart

Franco het die Lions se kolflys aangevoer met ’n uitstekende 209 lopies gedurende die T20-reeks.

🎯 Beste Bouler – Darren Coetzee

Darren het sy uitstekende boulvorm in die T20-kompetisie voortgesit en die seisoen afgesluit met 12 paaltjies.

🧀 Beste Veldwerker – Gerrit Smits

Baie geluk aan Gerrit met sy erkenning as die Beste Veldwerker van die T20-reeks!

πŸ‘‘ ALGEHELE SPELER VAN DIE JAAR

πŸ† Franco Swart

’n Baie spesiale geluk aan Franco Swart, wat aangewys is as die Upington Lions Krieketklub se Algehele Speler van die Jaar vir die 2025/2026-seisoen.

Met uitstekende bydraes met die kolf Γ©n in die veld, was dit ’n welverdiende erkenning vir ’n besonderse seisoen. πŸ¦πŸ‘

πŸ¦† MEESTE EENLOPERS / DUCKS

πŸ† Darren Coetzee

Nie elke toekenning gaan oor lopies en paaltjies nie! πŸ˜„πŸ
Darren is vereer met die trofee vir die meeste ducks gedurende die seisoen.

’n Goeie herinnering dat krieket altyd ook vir ons iets gee om oor te lag! πŸ˜‚

πŸ“ˆ MEES VERBETERDE SPELER

πŸ† Gerrie Pretorius

Baie geluk aan Gerrie, wat die sertifikaat vir Mees Verbeterde Speler van die 2025/2026-seisoen ontvang het.
Sy ontwikkeling en vordering deur die seisoen verdien spesiale erkenning, en ons sien uit daarna om hom verder te sien groei en ontwikkel as speler. πŸ’ͺ🏏

⭐ SPESIALE ERKENNING

πŸ… Riaan Von Waltzleben

Riaan is met ’n medalje en sertifikaat vereer vir sy uitstekende Speler van die Wedstryd-prestasie in die T20-eindstryd teen Upington College.

’n Optrede wat beslis nog lank onthou sal word! πŸ‘πŸπŸ”₯

πŸ”₯ UITSTAANDE KOLF- EN BOULPRESTASIES

Twee spelers het spesiale erkenning ontvang vir uitsonderlike individuele prestasies gedurende die seisoen.

🎯 Darren Coetzee – Uitstaande Boulprestasie
40-Beurteliga teen Northern Lions:
7.1 beurte β€’ 11 lopies β€’ 7 paaltjies πŸ”₯
T20-liga teen Keimoes:
4 beurte β€’ 1 lopie β€’ 5 paaltjies 🀯
Hierdie syfers spreek vanself. Twee ongelooflike boulbeurte wat gewys het hoe Darren ’n wedstryd met die bal kan verander.

πŸ₯‡ John Longland – Uitstaande Kolfprestasie
John het gedurende die seisoen ’n fantastiese reeks kolfprestasies gelewer, insluitend drie agtereenvolgende 50+ tellings in die 40-Beurteliga:

🏏 51 lopies teen Carltonians
🏏 69 lopies teen Duineveld
🏏 96 lopies teen Upington Dragons

Hy het ook ’n uitstekende vertoning in die T20-eindstryd teen Upington College gelewer en 54 lopies aangeteken op ’n baie belangrike oomblik.

πŸ‘ ’n Fantastiese seisoen met die kolf!
________________________________________

🦁 MEER AS NET KRIEKET

Die Upington Lions Krieketklub is ongelooflik trots op elke speler wat die klub gedurende die 2025/2026-seisoen verteenwoordig het.

Elke lopie, paaltjie, vangskoot, vennootskap, oefensessie, lang rit na ’n wegwedstryd en elke oomblik van ondersteuning het ’n rol gespeel in ons seisoen.

Hierdie aand was ons geleentheid om eenvoudig te sΓͺ:

BAIE DANKIE. GOED GEDOEN. EN HOU AAN GLO. πŸ’™β€οΈπŸ€

Aan al ons spelers, bestuur, ondersteuners, families en elke persoon wat gedurende die seisoen tot die Lions bygedra het β€” baie dankie dat julle deel is van die reis.

Krieket gaan oor kompetisie, maar dit gaan ook oor vriendskap, respek, spanwerk, herinneringe en om die spel saam te geniet.

🏏 Play with passion. Lead with integrity. Leave a legacy. 🦁

Baie geluk aan al ons 2025/2026-toekenningswenners! πŸ†πŸ‘

🦁 UPINGTON LIONS KRIEKETKLUB

πŸ’™β€οΈπŸ€ Trots. Verenig. Lions. 🦁

Address

Skougronde
Upington

Telephone

+27844321851

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Upington Lions Cricket Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Upington Lions Cricket Club:

Shortcuts

Share

Category