Valia Krieket

Valia Krieket

Share

HS Transvalia Krieket

Photos from Valia Krieket's post 30/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Saterdag, 29 Augustus sal onthou word vir talle eerstes... Nie net was dit ons 1ste ligawedstryde in vanjaar se Noordvaal Liga nie, maar ook die volgende:

🏏 Dit was Transvalia se 1ste 50-boulbeurt wedstryd vir ons 2de Krieketspan (Seccies) in die Vaaldriehoek Skole-liga...

🏏 Dit was die 1ste keer wat 3 Valia krieketspanne op 'n Saterdag tegelyk 50-boulbeurt wedstryde teen 'n opponent kon speel... 1stes, 0/15's en 2des... Dankie Heidelberg Volkskool vir hierdie spesiale dag...

🏏 Verder was dit die 1ste keer wat ons 1ste Krieketspan 'n Saterdag 50-boulbeurte Ligawedstryd in "colour kit" en met 'n pienk bal gespeel het... Uitstekende inisiatief deur die Vaaldriehoek komitee ingebring om ons krieket op te kikker...

🏏 'n 1ste 100-tal vir ons skool se Ligblou in 2026 - en dit behoort aan die kaptein Declan Steinmann wat uitstekend gekolf het vir sy 110 lopies van slegs 64 aflewerings...

Talle ander hoogtepunte het van diΓ© dag 'n krieket-bederf gemaak... Uitslae van die dag as volg:

πŸ”΅ VALIA 1STES vs VOLKSKOOL
VOLKSKOOL 235/10 in 44.4
πŸ₯Ž Jeanre Barnard - 3/29 in 6
TRANSVALIA 236/5 in 33.4
🏏 Declan Steinmann - 110 (64)
🏏 Ashton Cachia - 46 (89)
VALIA WEN MET 5 PAALTJIES.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

πŸ”΄ VALIA 0/15 vs VOLKSKOOL
VOLKSKOOL 319/10 In 48.3
πŸ₯Ž JW Herselman - 3/55 in 10
TRANSVALIA 320/3 in 44.2
🏏 JD de Bruyn - 136 (70)
🏏 Juan Kellerman - 89* (130)
🏏 Damon Kelly-Gliddon - 66* (49)
VALIA WEN MET 7 PAALTJIES.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

🟑 VALIA 2DES vs VOLKSKOOL
VOLKSKOOL 170/10 in 36.5
πŸ₯Ž Ruvan Daniel - 3/6 in 4
πŸ₯Ž Ivan Senekal - 3/16 in 5
TRANSVALIA 162/10 in 31.5
🏏 Lorenzo Flynn - 36 (31)
VOLKIES WEN MET 8 LOPIES...

Baie geluk aan hierdie spanne... Baie dankie vir al die Valia ondersteuning langs die veld... Ons sien uit na Week 2 se aksie.!!! Sien julle daar... πŸπŸ”΅πŸ”΄πŸŸ‘πŸ‘ŠπŸ»

Photos from Valia Krieket's post 30/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Die kolwe het behoorlik geklap tydens Saterdag se Noordvaal wedstryde teen Heidelberg Volkskool... 🏏πŸ’₯πŸ’₯πŸ’₯

In die 1ste Span wedstryd op Valia se tuisveld het Declan Steinmann sy goeie kolfvorm voortgesit en 'n pragtige 100-tal gemoker... Dit was Decs se 1ste in die Ligblou en definitief nie die laaste nie. Decs slaan 12x 4'e en 6x 6'e in sy kolfbeurt van 110 lopies van slegs 64 b***e... πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

In Heidelberg was ons 0/15 Span onder groot druk en moes 320 jaag vir die wen... In kom JD de Bruyn en gee ons 'n kolfvertoning wat ons nog vir lank sal onthou... JD slaan 136 lopies van 70 b***e wat insluit 11x 4'e en 11x 6'e.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

2 ander merkwaardige kolfbeurte in die 0/15 kragmeting behoort aan Juan Kellerman en Damon Kelly-Gliddon... Juan se openingsbeurt van 89* (130) was top klas gewees, hy het vir 45 boulbeurte vuurvas gestaan en sy span na die wen gelei... Damon het by JD oorgevat en 'n spoggerige 66* (49) gemaak... πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

Baie geluk aan hierdie Valia Krieketspelers met FANTASTIESE vertonings vir hulle spanne.!!! Dit was mooi.!!! πŸπŸ”΅πŸ”΄πŸŸ‘πŸ‘ŠπŸ»

28/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Baie geluk aan Declan Steinmann en Ethan Stroh wat tydens Donderdagmiddag se kragmeting teen HS Driehoek skitterend presteer het.!!!

πŸ₯Ž Ethan was vlymskerp met die bal en het 5 van Hoekies se paaltjies laat kantel in sy 4 boulbeurte.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

🏏 Declan het met kolf in hand verwoesting gesaai en 'n blitsige 50-tal van slegs 22 aflewerings gemoker.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

Mooi so manne... 🏏πŸ’₯πŸ”₯πŸ‘ŠπŸ»

Photos from Valia Krieket's post 28/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Valia se 1ste Krieketspan het 'n uitstekende vertoning opgelewer in hulle T20 kragmeting teen HS Driehoek... 🏏🀩

Ons boul Hoekies uit vir 93 lopies in 16.5 boulbeurte en slaan die wenlopies van slegs 49 b***e (8.1 boulbeurte). 🏏🦾

Valia Ligblou wen die wedstryd met 8 paaltjies.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

MERKWAARDIGE PRESTASIES:

🏏 Declan Steinmann - 51* (22) en 3/19 in 4
🏏 Ethan Stroh - 5/21 in 4

Skitterend Valia.!!! πŸπŸ‘ŠπŸ»

27/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Sterkte aan ons vyf 0/14 krieketspelers wat ons skool moremiddag by die Sedibeng 0/14 Krieketproewe sal verteenwoordig... πŸπŸ‘ŠπŸ»

Proewe vind op Vrydag, 28 Augustus plaas by HoΓ«r Volkskool Heidelberg en begin om 14:30.

Geniet dit seuns... Valia hou styf duimvas... Glo in jouself en gee net jou beste.!!! 🏏🦾

Photos from Valia Krieket's post 26/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Vandag se dankbaar en waardering kom met 'n knop in die keel... Ons groet 5 matriek-manne wat vir eers die krieketsakke wegbΓͺre en agter hulle boeke inskuif. 🏏πŸ₯Ί

Aan ons vyf matrieks... Dankie vir elke lopie, paaltjie, vangskoot, duik, gooi, keer en feesviering op die veld vir die LIGBLOU.!!! 🏏🩡

Julle het ons skool se naam hoog gehou. Dankie vir julle positiewe bydrae tot die span. Ons waardeer julle "innings" vir Valia Krieket.!!! πŸπŸ™πŸ»

Nou wag die boeke – baie sterkte met die leer en die eksamen wat voorlΓͺ.
Maak mooi.!!! πŸ“šπŸ€“πŸ‘ŠπŸ»

Wedstryde vir die LIGBLOU (vanaf 2025):
🏏 Kriegler Botha - 44
🏏 Janco Jacobs - 41
🏏 Eduann Raubenheimer - 36
🏏 Marco Jacobs - 27
🏏 HJ Hayes - 21

26/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Ons spog met 'n uitstekende vennootskap tussen James van Vuuren & CJ van Wyk in die 0/14 kragmeting teen HS Driehoek... 🀩

Die skote het geklap en dit was omtrent vuurwerke van begin tot einde.!!! 🏏πŸ’₯🏏πŸ’₯🏏πŸ’₯

πŸ”Š Vennootskap - 136* (67)
πŸ… James - 74* (28)
πŸ… CJ - 52* (39)

Baie mooi gekolf seuns... Hou so aan... πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

Photos from Valia Krieket's post 26/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Ons 0/14 Krieketspan het die liga skitterend afgeskop... In ons 1ste wedstryd speel ons teen HS Driehoek en wen die wedstryd met 9 paaltjies.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

HOOGTEPUNTE:

πŸ”Š VALIA 136/1 in 10.5 boulbeurte πŸ’₯
🏏 JAMES VAN VUUREN - 74* (28)
🏏 CJ VAN WYK - 52* (39)

Baie geluk seuns... Mooi wen.!!! πŸπŸ‘ŠπŸ»

Photos from Valia Krieket's post 25/08/2026
Photos from Valia Krieket's post 24/08/2026

VALIA 🏏 KRIEKET

Baie geluk aan ons Dogters Krieketspan met 'n suksesvolle 1ste ligawedstryd vir die seisoen...

Ons wen Affies Sasolburg met 8 paaltjies.!!! πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Vanderbijlpark?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Website

Address


Schumann & Bach Street
Vanderbijlpark
1911