Gesondheid en lewenskwaliteit

Call Directions Website

Gesondheid en lewenskwaliteit Ons streef om almal wat soek na beter lewenskwaliteit, te help verstaan dat die Evangelie vir die hele mens, liggaam, siel, emosies, en gees bedoel is.

Aangesien ons liggame nie net ons tydelike aardse woonplek is nie, maar ook deur die Allerhoogste bewoon word by diegene wat Hom dien, is dit onder andere ook ons verantwoordelikheid om Hom te eer deur hierdie liggaam wat Hy vir ons gegee het goed te versorg en gesond te hou.

Indien jy dus op soek is na daardie gebalanseerde "gesonde leefstyl" wil ons graag met jou daaroor gesels en jou help om oplossings te vind. As jy oorgewig is, en "diet" (of dieet) al vir jou 'n lelike woord geword het, wil ons jou ook graag help om volhoubaar te verslank.

Dit gaan egter vir ons oor veel meer as net verslanking en gesondheid.

Ons wil jou graag as volledige mens bedien. Die liggaamlike, emosionele, geestelike en psigiese, ja alle aspekte van mens-wees is belangrik. Sodra jy balans in al hierdie aspekte van jou lewe kry, sal oorgewig en ander fisiese probleme ook onder beheer kom.

Al die Fasette van Mens-wees, gewig, gesondheid, lewenskwaliteit en innerlike vrede is onlosmaaklik aan mekaar verbonde. Tesame met geestelike en emosionele welsyn, vorm dit die grondslag vir 'n gelukkige en voorspoedige mens-wees.

Ons Skepper se plan is dat Sy kinders nie net geestelik nie maar ook fisies, verstandelik, emosioneel en psigies voorspoedig, gelukkig en gesond sal wees.

Oorgewig is deesdae 'n reuse probleem in ons samelewing.

Die term "Verslank" bring uiteenlopende persepsies en emosies na vore. Aangesien alle mense nie eenders gebou is nie, behoort die klem egter eerder ter wille van goeie gesondheid op afmetings en op 'n "gesonde leefstyl" as op "diet" (dieet) of "verslanking" en "oorgewig" te val.

Address

Warmbaths

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gesondheid en lewenskwaliteit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category