Coach Thomas Wessels

Coach Thomas Wessels

Share

Ñ Afrigter kan gesien word as die persoon wat 'n kind motiveer, lei en oplei ter voorbereiding vir enige sport, loopbaan of gebeurtenis in hul lewens.

31/10/2025
12/06/2025

STOEI AS OPVOEDKUNDIGE HULPMIDDEL

Stoei is ‘n sport wat al vir baie eeue (selfs Bybelse tyd)beoefen word deur persone vanaf ongeveer 4-6jarige ouderdom tot by veterane. Deur stoei kan kinders (seuns en dogters) liggaamlik sowel as emosioneel ontwikkel.

Omdat stoei reg deur die jaar beoefen kan word, is stoeiers fisies goed ontwikkel, daarom is stoei goed vir, en doen stoeiers ook goed in baie ander sportsoorte. (Die skouergordel en maagspiere (core) word onder andere goed ontwikkel, wat bydra tot soepelheid en voorkoming van beserings.)

In vandag se samelewing is spanning deel van elke persoon se leefwyse. Stoei is ‘n hulpmiddel om kinders van ‘n vroeë ouderdom af te leer om hierdie spanning positief aan te wend, vir gesonde prestasie, wat in alle fasette van hul volwasse lewe van waarde sal wees. Daar is streng reëls wat geld tydens ‘n stoeie wedstryd, geen aggressie word toegelaat nie. ‘n Wedstryd word gewen met tegniek, deursettings-vermoë, motivering en krag. Om ‘n suksesvolle stoeier te wees, moet ‘n kind ook leer om positief te wees, te glo in hom-/haarself en die teleurstellings wat saamgaan met verloor te kan verwerk.

Opvoedkundige sielkundiges en arbeidsterapeute beveel stoei aan vir allerlei redes, bv. ontwikkeling van groot spiere (baie goeie terapie om spiertonis te verbeter), konsentrasie, probleem oplossing, dissipline en verbeterde selfvertroue.

‘n Wye kompetisie basis is moontlik, wat aan elke deelnemer die geleentheid bied om op sy/haar vlak te presteer. Dit sluit in kompetisies op skool, klub, provinsiale en ook nasionale vlak. Verder vind ‘n stoei-wedstryd dan ook plaas tussen twee kinders van dieselfde ouderdom en gewig, wat deelname en prestasie geleentheid vir elke kind bied. Vir hierdie prestasies word hulle dan beloon met behulp van sertifikate of medaljes. Hierdie beloning dien ook om ‘n kind se selfvertroue te bou. Verskeie moontlikhede vir internasionale deelname is ook beskikbaar vir top presteerders, onder andere die Olimpiese Spele en Wêreld Jeug Spele.

Geleentheid word ook aan die ouers gebied om betrokke te raak, deur hulself te kwalifiseer om as beamptes en afrigters op te tree. In die verband kan stoei help om die gesinsbande te bou.

07/03/2025

Dis lekker om die kkeintjies iets nuuts te leer en dit werk so mooi uit vir hulle

29/10/2024

Jy kan nie wag dat alles ok is voor jy jou lewe kan leef nie.

Photos from South African Wrestling Federation's post 12/08/2024
Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Welkom?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


Welkom