Simplicity

Call Directions

Simplicity Bait Manufacturer

🎣 **Liga 2 – Spioenkopdam | Bergville**Ek vis ons tweede liga by Spioenkopdam, naby Bergville. Sekerlik een van die mooi...
16/10/2026

🎣 **Liga 2 – Spioenkopdam | Bergville**

Ek vis ons tweede liga by Spioenkopdam, naby Bergville. Sekerlik een van die mooiste damme in die land, met die asemrowende Drakensberge wat die agtergrond vorm! β›°οΈπŸŽ£

Die oggend begin stadig, met min aksie in die zone. My penmaat en seun, Neels, begin egter gereeld vis kry op 125 m en verder. Ek besluit toe om my een stok op 125 m te clip en die ander een op die oopspoel te vis om te kyk wat vir my werk.

**🎯 Hoekase en aanbiedings:**
- **Bo:** Harde Garlic-float
- **Onder:** Banana-float met ’n lang, dun degie

**πŸ§ͺ Kombinasies wat die vis opgelewer het:**
- Grassroots saam met Banana+
- Caramel+ / Wasp / Honey+
- Pineapple+ saam met Bunny

Aan die einde van die dag staan my telling op **7 vis vir 2,790 kg**, goed vir **’n tweede plek in my zone!** πŸ’ͺ🐟

’n Goeie dag se hengel, waardevolle lesse en, die belangrikste, my penmaat wat volpunte vir ons span verseker. Die vis byt nie altyd maklik nie, maar met ’n bietjie aanpassing en deursettingsvermoΓ« kan jy steeds ’n verskil maak!

**Mossie Mostert** 🎣

MossieMostert

🎣 Etienne Mahoney en sy kleinseuns blink uit by Bloemhof se Sloep! 🎣Etienne Mahoney en sy kleinseuns, Delano en Waylin, ...
15/10/2026

🎣 Etienne Mahoney en sy kleinseuns blink uit by Bloemhof se Sloep! 🎣

Etienne Mahoney en sy kleinseuns, Delano en Waylin, het die naweek aan die WHHK-kompetisie by Bloemhof se Sloep deelgeneem.

Met goeie voorbereiding, verskillende geurkombinasies en hengelafstande het hulle deur die naweek mooi resultate behaal.

🐟 Hengelresultate

Saterdag

Etienne Mahoney: 14 vis met ’n totale gewig van 13,350 kg

Delano: 5 vis met ’n totale gewig van 3,650 kg

Waylin: 6 vis met 'n totale gewig van 5,000 kg

Sondag

Etienne Mahoney: 18 vis met ’n totale gewig van 18,750 kg

Delano: 13 vis met ’n totale gewig van 9,950 kg

Waylin: 14 vis met ’n totale gewig van 11,500 kg

🎯 Aas- en geurkeuses

Garlic + / Rose + op die Boulyn voerbol

Garlic floats

Wit Aptekers Anys floats

Bloekom S/Y

πŸ“ Hengelafstande: 65 m, 95 m, 115 m en 120 m.

Mag daar nog baie sulke suksesvolle hengelnaweke voorlΓͺ! πŸŽ£πŸ‘

10 Oktober 2026@ RustfonteindamEk hengel 'n klubkompetisie saam met Bloemfontein hengelklub by Rustfontein se kompetisie...
15/10/2026

10 Oktober 2026
@ Rustfonteindam

Ek hengel 'n klubkompetisie saam met Bloemfontein hengelklub by Rustfontein se kompetisie gronde.

Geluk tref my die oggend met pentrekking toe Bianca vir ons kant pen (pen 1) trek. πŸ₯³

Toe nou nie so maklik soos ek gedink het dit gaan wees nie... daar is haakplek op +-65m en ek verloor Γ³f vis Γ³f stroppe die oggend daar.
Ek besluit toe om eerder met elke byt in te stap om my vis dieper te gaan skep en begin so toe my vis uit en in die net kry - maar dit was steeds 'n lekker dag vol hengel, plannetjies maak en natuurskoon geniet!

Ek slaag daarin om 13 visse vir 10.3kg te vang, wat my 'n 1ste plek in my sone gee.
My top kombinasies was:

105m:
🟒Boonste hoek: harde Musk float
🟒Onderste hoek: Cheese float met kariba wurm
🟒Bol: Cheese+ & Cheese Cake

85m:
🟑Boonste hoek: harde Musk float
🟑Onderste hoek: Cheese float met kariba wurm
🟑Bol: Wasp & Passion Fruit

Groot dankie aan die Here vir Sy mooi natuur en ons talente wat met mekaar kan oorkruis! πŸ™πŸΌ

Groot dankie ook aan Simplicity wat sorg vir meer en meer selfvertroue met top produkte! πŸ‘ŒπŸΌ
Sonder julle is 1ste plekke in 'n sone nie moontlik nie! 😎

Hengelgroete
Dieter Nell 🎣

πŸŽ£πŸ† SA SKOLE O/13A-SPAN  BY BLOEMHOFDAM! πŸ†πŸŽ£SAVOF Junior Toernooi | Sloep, Bloemhofdam | 28–30 September 2026Simplicity is...
14/10/2026

πŸŽ£πŸ† SA SKOLE O/13A-SPAN BY BLOEMHOFDAM! πŸ†πŸŽ£

SAVOF Junior Toernooi | Sloep, Bloemhofdam | 28–30 September 2026

Simplicity is trots daarop om as borg van die SA Skole O/13A-span tydens die afgelope SAVOF Junior Toernooi by die Sloep van Bloemhofdam op te kon tree.

Die span het uitstekend gevaar en die spankompetisie met 'n goue medalje en 'n indrukwekkende eerste plek afgesluit! πŸ₯‡

πŸ“Š DIE SPAN SE UITSONDERLIKE PRESTASIE

πŸ₯‡ 1ste plek – SA Skole O/13A

- 109 punte
- 137 visse
- Totale gewig: 129,87 kg

🎯 SIMPLICITY-KOMBINASIES IN AKSIE

Die bekende Simplicity-kombinasies het weer hul waarde bewys:

βœ… Wasp/Honey+/RBS
βœ… Wasp/Pineapple+
βœ… Narkose/Pineapple+
βœ… RBS/Honey+
βœ… Duiwelsdrek/Pineapple+
βœ… TCP+/Wasp/Honey+
βœ… Pineapple+/Wasp/RBS
βœ… Narkose/Wasp
βœ… Spirits/Wasp

🎯 Hoekasies:

πŸ“Honey-Tar
πŸ“Garlic
πŸ“Bloekom
πŸ“Bloekom S/Y
πŸ“Banana

Die hengelafstande het gewissel van 75 m tot 105 m, met sommige hengelaars wat op die laaste dag selfs die 110 m-lyn bereik het!

Dit wys weereens dat suksesvolle kompetisiehengel 'n kombinasie van tegniek, aanpassing, deursettingsvermoΓ« en vertroue in jou aas vereis.

πŸ‘ BAIE GELUK!

Simplicity wens die SA Skole O/13A-span, hul hengelaars, afrigters en ondersteuners hartlik geluk met hierdie puik prestasie.

Ons glo daarin om jong hengeltalent te ondersteun en is trots om deel te wees van hul ontwikkeling en sukses.

Simplicity – die regte kombinasie vir jou volgende hengelsukses! 🎣

🎣 Hengelsessie by Bloemhof – Sloep! 🎣Ek het Sondag 'n Pro Mania kompetisie by die Sloep gehengel.Afstand: albei stokke o...
14/10/2026

🎣 Hengelsessie by Bloemhof – Sloep! 🎣

Ek het Sondag 'n Pro Mania kompetisie by die Sloep gehengel.

Afstand: albei stokke op 95 m.

🎯 Hoekaas-kombinasies:

Onder: Harde Garlic-float

Bo: Bloekom S/Y soft bleeder, afgewissel met 'n Honey of Pineapple soft bleeder.

πŸ’§ Boldip kombinasies:

πŸ”₯ RBS, Pineapple + en Duiwelsdrek

Voer: Boulyn

Die regte kombinasie van hoekaas, dip en voer kan die verskil maak! πŸ’ͺ🎣

🎣 ANOTHER GREAT TRIP TO VAALDAM! 🎣Another enjoyable trip to the Vaaldam, catching some good carp! 🐟πŸ’ͺFishing with Simplic...
14/10/2026

🎣 ANOTHER GREAT TRIP TO VAALDAM! 🎣

Another enjoyable trip to the Vaaldam, catching some good carp! 🐟πŸ’ͺ

Fishing with Simplicity Baits and Boulyn is always a satisfying experience. This time, I used Musk Floats with two different bait combinations:

🎯 Rod 1: Caramel + and Molasses +
🎯 Rod 2: Banana + and Molasses +

πŸ† The result: 7 carp with a total weight of 16.9 kg, securing 3rd place! πŸŽ‰

After my previous blank, this result feels even better. Sometimes, it's not just about winning, but about learning, improving and getting back among the fish!

Happy with the result and looking forward to the next outing! 🎣πŸ”₯

Simplicity Baits – Confidence in Every Cast!

🎣 LEKKER HENGEL BY ERFENISDAM! 🎣Gister was dit tyd vir ’n lekker hengeluitstappie by Erfenisdam, met Simplicity se geure...
14/10/2026

🎣 LEKKER HENGEL BY ERFENISDAM! 🎣

Gister was dit tyd vir ’n lekker hengeluitstappie by Erfenisdam, met Simplicity se geure en kombinasies reg vir aksie! πŸ’šπŸ’›

Van verskillende geure tot interessante kombinasies β€” elke hengelaar het sy eie gunstelinge en vertrouelinge wanneer die visse aan die byt moet kom.

🐟 Jou aas. Jou kombinasie. Jou volgende vangs!

Met Simplicity Baits is daar altyd ’n kombinasie om te probeer.

Simplicity Baits – Keep it Simple! πŸŽ£πŸ’š

🎣KRUGERSDRIFT BACK TO BACK, 26-27 SEPTEMBER 2026🎣Saturday's forecast was for thunderstorms β›ˆοΈ... but we went anyways! He...
13/10/2026

🎣KRUGERSDRIFT BACK TO BACK, 26-27 SEPTEMBER 2026🎣

Saturday's forecast was for thunderstorms β›ˆοΈ... but we went anyways! Helps having a mal penna with you. Started the morning by throwing for barbers at the back with one rod, and a carp rod on 95m. Struggled to get a bite on either rod, but my penna was into them straight away. I eventually took the barber rod out, and found my fish with both carp rods, fished open spool. With lightning warnings, heavy rain, and strong gusts, I was happy to finish the day on 9 fish.

I fished Grassroots with Pineapple+ on the ball, alternating between the yellow & red Garlic/Banana float on the top hook, and a kariba worm with a Duiwelsdrek soft float on the bottom.

Day two - more optimistic weather at least! It was a privilege to be dry! 🀣 We drew a side peg, so had to make it count. Started my carp rod at 90m, and the barber rod to the back again. Was in with a baby barber in the first 10 minutes, so put the rod back there, only to be rewarded with a gold fish.. on a snake wurm.. πŸ€·β€β™‚οΈ

The carp rod was busy at least, with decent size small mouth yellows coming out, and even a large mouth that made an appearance! So I took out the barber rod, and fished a second carp rod at 105m. Finished the day with 14 fish, which was good enough to place 3rd in the zone, with my penna taking 4th.

My combos:
Sweety & Duiwelsdrek on the ball, with a Honey-Tar soft float and a dough backing top, and a kariba with a Drek soft float on the other hook. And on the second rod, Garlic+ with Pineapple+ on the ball, with both yellow and red Banana/Garlic floats top, and kariba with the white Garlic soft float bottom.

Nothing to brag about tho.. it wasn't easy.. lost a lot of fish.. some out deep, some into the trees, and some who spat the hook right at the bank... still have a lot to learn, and even more to refine!

Tight lines for everyone.
Arno

🎣 FUTURUM O/19A – SA SKOLE CHAMP OF CHAMPS 2026 πŸ₯ˆDie Futurum O/19A-span het van 2 tot 4 Oktober 2026 aan die SA Skole Ch...
13/10/2026

🎣 FUTURUM O/19A – SA SKOLE CHAMP OF CHAMPS 2026 πŸ₯ˆ

Die Futurum O/19A-span het van 2 tot 4 Oktober 2026 aan die SA Skole Champ of Champs Toernooi by Bloemhof Sloep deelgeneem, waar hulle puik gevaar het en 'n welverdiende algehele tweede plek en silwermedalje verower het!πŸ₯ˆπŸ‘πŸ»

Die span se afstande het gewissel tussen 85 m, 95 m en 125 m +.

Aas-kombinasies;

βœ… RBS, WASP en Honey+
βœ… WASP en Honey+
βœ… Harde geel Aniseed float
βœ… Bloekom S/Y float met Almond degie
βœ… Garlic floatie

βœ… Duiwelsdrek, Pineapple + en Narkose
βœ…Wit Bloekom float en Garlic float

βœ… Duiwelsdrek, Pineapple + en RBS
βœ… Geel harde Aniseed float
βœ… Garlic soft

Sondag het die sterk wind die hengel uitdagender gemaak. Die span het egter aangepas deur onder andere Bloekom +, Aptekers Anys of Wintergreen + by die vorige dag se kombinasies bygesit om die beste moontlike resultate te behaal.

Die goeie samewerking tussen hengelaars het vrugte afgewerp wat 'n belangrike bydrae tot Futurum se algehele prestasie gelewer het.

πŸ‘ Baie geluk aan die Futurum O/19A-span met julle silwermedalje!

Simplicity is trots om deel te kon wees van hierdie prestasie en wil die span bedank vir die geleentheid om julle met ons produkte te ondersteun. Ons is verheug dat Simplicity se produkte 'n bydrae tot julle sukses kon lewer.

Sterkte met al julle toekomstige hengelkompetisies! 🎣πŸ’ͺ

Simplicity – eenvoud in aas, 'n verskil in prestasie!

🎣 BHK Klubkompetisie – Rustfonteindam | 10 Oktober 2026 🎣Ons het Saterdag, 10 Oktober, aan die BHK-klubkompetisie by Rus...
13/10/2026

🎣 BHK Klubkompetisie – Rustfonteindam | 10 Oktober 2026 🎣

Ons het Saterdag, 10 Oktober, aan die BHK-klubkompetisie by Rustfonteindam deelgeneem. Ons het reeds lekker vroeg, om 05:00, bymekaargekom om die dag se verrigtinge op die regte manier af te skop. NΓ‘ die penloting het ek pen 8 gekry, in die middel van die oewer.

Die dam het redelik baie slik gehad, wat die hengel deur die dag uitdagend gemaak het, veral met al die slik wat aan ons lyne vasgesit het.

Ek was bevoorreg om my sone te wen met 13 visse met 'n totale gewig van 6,5 kg! πŸ†πŸŸ

🎯 My wenkombinasie was soos volg:

Bo: 'n Harde geel Musk-float.

Onder: Kariba met 'n Garlic-float.

Op die bol: Cheese+ en CheeseCake.

Afstande gehengel: 85m en 95m

Simplicity het beslis 'n belangrike bydrae gelewer tot die sukses van al ons Simplicity-hengelaars op die dag. πŸ’ͺ🎣

En ja, Boulyn bly baas! πŸ”₯

Groete, Henk Venter

Address

Bloemfontein
9323

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27615458642

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Simplicity posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category