Arise with Crizaan

Call Directions

Arise with Crizaan Faith-based encouragement | Healing | Purpose
Founder of Women Arise SA
Helping women and girls heal, rise & walk in purpose

Arise with Crizaan Sampson is a faith-based platform dedicated to healing, restoration, identity, and purpose. Through teaching, encouragement, and mentorship, Crizaan helps women and girls rise into who God has called them to be. Founder & Lead Voice of Women Arise SA

Staan op met CrizaanTema: Jy is die VerskilElke Woensdagaand on 8uur nooi ek jou uit om te luister na my oogknip program...
04/11/2026

Staan op met Crizaan

Tema: Jy is die Verskil

Elke Woensdagaand on 8uur nooi ek jou uit om te luister na my oogknip program van sowat 7-10minute lank op Radio Namakwaland

Jy kan aanlyn inskakel http://www.934fm.co.za en as jy dit gemis het gaan laai die Potgooi af op Radio Namakwaland se webtuiste.

Maak seker jy het ‘n nota boekie en pen om elke wenk elke week neer te skryf. Jy sal beslis die vordering en verskil in jou lewe sien.

Skakel in…

Welkom by! Ons wil ‘n verskil maak deur hierdie Godgegewe medium ten beste te benut om die Evangelie van Jesus Christus in al sy konsekwensies eerlik en suiwer te bedien aan al die mense van Namakwaland. Mattheus 28: 18 – 20 Ons Skedule SIEN SKEDULE Geloofsbelofte Verbintenis Eenmalige Donasies ...

Hello Woensdag | ARISE MOMENT Groei waar jy nou isMoenie so op môre se deure fokus dat jy vandag se geleenthede miskyk n...
04/11/2026

Hello Woensdag | ARISE MOMENT

Groei waar jy nou is

Moenie so op môre se deure fokus dat jy vandag se geleenthede miskyk nie. God kan jou laat groei, selfs op ’n plek waar jy nog nie wil wees nie.

Wees getrou met die klein ding wat vandag in jou hand is. Dit kan die begin wees van dit waarvoor jy bid.

Sagaria 4:10 herinner ons om nie die dag van klein dingetjies te gering te ag nie.

Hello Dinsdag | ARISE MOMENT Maak jou keuseJy is dalk net één keuse weg van die beste besluit van jou lewe. Moenie dat v...
03/11/2026

Hello Dinsdag | ARISE MOMENT

Maak jou keuse

Jy is dalk net één keuse weg van die beste besluit van jou lewe. Moenie dat vrees jou terughou nie.

Kies vandag om God te vertrou en daardie eerste tree te gee. Jou verlede hoef nie jou volgende keuse te bepaal nie. 💚

“Kies dan die lewe.” — Deuteronomium 30:19

Hello Maandag | ARISE MOMENT Jou toekoms is in God se hande.Jeremia 29:11"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande jull...
02/11/2026

Hello Maandag | ARISE MOMENT

Jou toekoms is in God se hande.

Jeremia 29:11
"Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee."

Soms raak ons bekommerd oor môre. Ons wonder hoe dinge gaan uitwerk, of ons drome ooit gaan realiseer en of ons op die regte pad is.

Maar vandag wil ek jou herinner: Jou toekoms is nie in jou hande alleen nie. Dit is in God se hande.

Begin hierdie dag met geloof. Beplan, droom, werk hard en neem die nodige stappe en vertrou God met die uitkoms.

Jou toekoms is veilig in God se hande.

Hello Vrydag | ARISE MOMENT EK IS GENOEGHet jy al ooit soos ’n lappop gevoel? Asof jy deur die lewe gevorm is, deur mens...
30/10/2026

Hello Vrydag | ARISE MOMENT

EK IS GENOEG

Het jy al ooit soos ’n lappop gevoel? Asof jy deur die lewe gevorm is, deur mense se woorde beïnvloed is en soms selfs jou eie waarde vergeet het?

Die mooiste deel van die lappop se verhaal is nie dat sy verander in iets anders nie. Dit is dat sy haar waarde ontdek het.

En dalk is dit presies waar jy vandag is.

Jy spandeer so baie tyd om te probeer bewys dat jy goed genoeg is. Jy probeer almal gelukkig hou en jy vergelyk jouself met ander.

Psalm 139:14 herinner ons daaraan dat ons wonderbaarlik gemaak is.
Die lappop moes haar waarde ontdek. En dalk is dit vandag jou beurt.

Vandag wil ek hê jy moet in die spieël kyk en sê:
EK IS GENOEG. Ek het waarde. Ek het ’n doel. En ek hoef nie iemand anders te wees nie.

Hello Donderdag | Arise Moment Jou pyn is nie groter as God se belofte nie.Daar is tye wanneer jou pyn so diep is dat jy...
29/10/2026

Hello Donderdag | Arise Moment

Jou pyn is nie groter as God se belofte nie.

Daar is tye wanneer jou pyn so diep is dat jy sukkel om God se belofte raak te sien. Jy bid, jy glo, jy wag — maar jou omstandighede verander nie so vinnig soos jy gehoop het nie.

Maar weet vandag: Jou pyn beteken nie God het van jou vergeet nie.

God het nooit belowe dat ons nooit deur moeilike tye sal gaan nie, maar Hy belowe dat Hy by ons sal wees. Jou pyn is deel van jou verhaal, maar dit hoef nie die einde van jou verhaal te wees nie.

Moenie toelaat dat dit wat jou seergemaak het, jou laat vergeet van dit wat God oor jou lewe belowe het nie. Jy mag vandag stukkend voel en steeds glo. Jy mag moeg wees en steeds hoop. Jy mag trane hê en steeds vertrou.

Skrifwoord: Romeine 8:18

“Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.”

Jou pyn vertel wat jy deurgemaak het, maar God se belofte herinner jou daaraan dat jou storie nog nie verby is nie.

Gaan luister gerus na my Potgooi....
28/10/2026

Gaan luister gerus na my Potgooi....

Moet nooit weer ’n program misloop nie!
Al jou gunsteling-programme is op een plek bymekaar – luister weer, en weer! So werk dit:
1. Gaan na www.934fm.co.za/potgooi
2. Kies jou gunsteling-aanbieder
3. Druk ▶ om dadelik te luister, of ↓ om die episode af te laai
Afgelaaide episodes kan jy in die motor, by die werk of op die plaas luister – selfs sonder internet.

Hello Woensdag | ARISE MOMENTEK LEEF OMDAT HY LEEF! My hoop lê nie in wat ek sien nie, maar in Hom wat leef! Omdat Jesus...
28/10/2026

Hello Woensdag | ARISE MOMENT

EK LEEF OMDAT HY LEEF!

My hoop lê nie in wat ek sien nie, maar in Hom wat leef!

Omdat Jesus leef, is daar hoop vir môre, krag vir vandag en genade vir elke nuwe begin.

Maak nie saak waardeur jy gaan, hoeveel keer jy geval het of hoe donker jou pad soms lyk nie — jou verhaal is nie verby nie. Die Een wat leef, kan jou weer moed gee om op te staan en aan te gaan.

Johannes 14:19
“... omdat Ek lewe, sal julle ook lewe.”

Ek leef omdat Hy leef. My hoop leef omdat Hy leef. My môre is in Sy hande!

Hello Dinsdag | ARISE MOMENT MOENIE MEER DRA WAT NIE JOUNE IS NIESoms dra ons die skuld vir dinge wat ons nie gedoen het...
27/10/2026

Hello Dinsdag | ARISE MOMENT

MOENIE MEER DRA WAT NIE JOUNE IS NIE

Soms dra ons die skuld vir dinge wat ons nie gedoen het nie, die pyn van ander se keuses en die gewig van verwagtinge wat ons nooit moes dra nie.

Maar vandag moet jy onthou: Jy kan iemand liefhê sonder om hulle pyn jou eie te maak. Jy kan omgee sonder om jouself te verloor.

1 Petrus 5:7 – Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Jy hoef nie langer swaar te dra aan pyn wat jy nie veroorsaak het nie. Jy mag genees, jy mag laat gaan en jy mag weer in vrede leef.

Staan op. Laat gaan. Leef vry.

Hello Maandag | ARISE MOMENTMoenie uitstel tot môre wat jy vandag kan doen nie. Ons kry elke dag 24 uur, maar ons weet n...
26/10/2026

Hello Maandag | ARISE MOMENT

Moenie uitstel tot môre wat jy vandag kan doen nie.

Ons kry elke dag 24 uur, maar ons weet nie hoeveel dae ons nog gegun sal word nie.

Moenie jou drome uitstel nie. Moenie wag vir die perfekte tyd om daardie oproep te maak, daardie droom aan te pak, iemand te vergewe of vir iemand te sê hoeveel hulle vir jou beteken nie.

Ons sê so maklik: “Ek sal dit môre doen.” Maar môre is nie aan ons belowe nie.

Spreuke 27:1 herinner ons dat ons nie oor môre moet roem nie, omdat ons nie weet wat die dag sal bring nie.

Onthou: Die lewe wag nie totdat ons gereed voel nie.

Staan op, gryp die dag aan en leef met doel. Moenie net droom oor wat jy eendag wil doen nie. Begin vandag om dit 'n werklikheid te maak

Address

Hoopstreet
Citrusdal
7340

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 09:00 - 15:00
Wednesday 09:00 - 15:00
Thursday 09:00 - 15:00
Friday 09:00 - 15:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27643273774

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Arise with Crizaan posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category