23/10/2026
Donderdag, 15 Oktober 2026 het 27 stappers van die Mosselbaai Voetslaanklub die Groen roete van die Groeneweide Staproete by NMU, George, gaan stap. Leier was Andre (Lamprecht) en Mariaan het toegesien dat die agterste stappers by die groep by. Almal het die skadu en koelte van die bome en woud waardeer aangesien dit 'n lekker warm dag was.