23/09/2026
Swellendam Rugby Klub wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor die Nasionale MEC vir die waardevolle oorhandiging van sporttoerusting aan ons klub.
Ons is opreg dankbaar vir hierdie bydrae en die ondersteuning wat daarmee aan ons spelers en die ontwikkeling van sport binne ons gemeenskap gebied word. Sulke ondersteuning maak βn tasbare verskil en help ons om voort te bou op die fondasie van sportontwikkeling en geleenthede vir ons spelers.
Ons Klubvoorsitter, mnr. G. Jansen, het die sporttoerusting namens Swellendam Rugby Klub ontvang.
Baie dankie vir die ondersteuning en vertroue in Swellendam Rugby Klub. Ons waardeer dit opreg. πππ