14/10/2026
π CHARMAIN SE STRYD IS NOG NIE VERBY NIE! (HAAR STORIE)π
Op 10 November 2025 het Charmain se lewe onherroeplik verander. Wat begin het as moegheid en kortasem, het geΓ«indig in 'n skokkende diagnose: Akute MiΓ«loΓ―ede Leukemie (AML) β bloedkanker.
Maande van chemoterapie, hoΓ«sorg, intensiewe sorg, bloedoortappings en 'n lewensbelangrike beenmurgoorplanting op 25 Maart 2026 het gevolg.
Sy het 20 kg verloor, was vir lang tye van haar gesin geskei en moes veg om weer die eenvoudigste dinge te kon doen.
Maar Charmain het nie moed opgegee nie. β€οΈ
Vandag is sy terug by die werk en probeer sy weer haar passie vir kinders, netbal en atletiek uitleef. Tog is haar herstelpad nog lank. Sy sukkel steeds met uitputting en naarheid en moet gereeld Johannesburg toe vir opvolgbehandeling.
Haar medikasie kos tans ongeveer R15 000 per maand, bloedtoetse tot R8 000, en uitstaande mediese rekeninge beloop reeds meer as R147 000.
Dis waarom ons op 13 November 2026 saamstaan vir Charmain! π©·
πββοΈ NIGHT RACE β ROOIFONTEIN π΄ββοΈ
Elke inskrywing, borgskap en skenking help om die geweldige finansiΓ«le las van haar skouers te lig.
Kom hardloop, stap of ry saam. Nie net vir 'n medalje nie, maar vir 'n vrou, 'n ma en 'n afrigter wat elke dag aanhou veg.
π SAAM KAN ONS 'N VERSKIL MAAK! π