Die Leerhuis

Die Leerhuis Meer leer. Minder skool. Waar kinders geken word voordat hulle gemeet word.

📍 Pretoria-Noord
📚 Graad R–7

Klein groepe. Struktuur. Selfstandigheid.
(1)

Nie vir almal nie. Maar dalk presies vir julle.

💦🎬 *WATERKASKENADES & FLIEK ONDER DIE STERRE* 🍿✨Liewe Leerhuis-ouersHierdie Vrydag is dit uiteindelik tyd vir ons *Water...
15/09/2026

💦🎬 *WATERKASKENADES & FLIEK ONDER DIE STERRE* 🍿✨

Liewe Leerhuis-ouers

Hierdie Vrydag is dit uiteindelik tyd vir ons *Waterkaskenades & Fliek onder die Sterre!* 🌊🎥

📅 *Vrydag, 18 September*
⏰ *15:00 – 20:00*
💰 *R200 per kind*

Die R200 kan per *EFT* na Die Leerhuis se gewone bankrekening betaal word. Gebruik asseblief *WonderLab + kind se naam* as verwysing.

Ons Graad 7’s het hard gewerk aan die beplanning van hierdie dag en sien baie daarna uit om dit saam met die kinders te geniet! 🤍

*’n Paar vinnige vrae wat dalk reeds by julle opkom:*

🏠 *My kind gaan gewoonlik 12:30 huis toe. Moet ek hom/haar kom haal?*
Jy is baie welkom om jou kind op die gewone tyd te kom haal en weer teen 15:00 te bring.

🕒 *Kan my kind eerder by Die Leerhuis bly tot 15:00?*
Ja, beslis. Hulle is welkom om hier te bly. Pak asseblief net vir hulle *iets ekstra in om tussen skool en die aanvang van die geleentheid te eet*.

🚗 *Hoe laat moet kinders afgehaal word?*
Die aand eindig om *20:00*, en kinders kan dan by Die Leerhuis afgehaal word.

👙 *Wat moet my kind saambring?*
Ons stuur later in die week ’n kort finale lysie van alles wat hulle vir die waterpret én fliek moet saambring.

🌧️ *Wat as die weer nie saamspeel nie?*
Ons hou die weer dop en sal enige veranderinge betyds kommunikeer.

Ons sien uit na ’n heerlike middag en aand van *water, lag, lekker eet en fliek onder die sterre!* 💦🍿🌙

Liewe Leerhuis-ouers 🌿Kwartaal 4 is om die draai! Dit is ’n kort kwartaal met ’n hele paar belangrike datums; daarom dee...
08/09/2026

Liewe Leerhuis-ouers 🌿

Kwartaal 4 is om die draai! Dit is ’n kort kwartaal met ’n hele paar belangrike datums; daarom deel ons solank die belangrikste datums sodat julle vroegtydig kan beplan.

📚 6 Oktober
Kwartaal 4 begin

🎓 13–16 Oktober
Graad 7-afsluiting
Meer besonderhede en kostes volg sodra die finale begroting bevestig is.

📝 19 Oktober
Kwartaal 4-eksamens begin
Die volledige eksamenrooster word aangeheg.

🗓️ 19–23 Oktober
Sonika woon die Sinodevergadering by en sal gedurende hierdie week nie by Die Leerhuis wees nie. Die Leerhuis gaan soos normaal voort.

🏆🎭 21 November
Prysuitdeling & Konsert

Elke Leerhuis-gesin kry ’n eie tafel vir die aand. Gesinne is verantwoordelik vir die opmaak/versiering van hulle tafel, asook hulle eie kos en verversings.

🎟️ Kaartjies: R100 per persoon
Leerhuis-leerders betaal nie vir toegang nie.

🎄💃 4 Desember
Kerspartytjie & Jaarafsluiting

💰 R60 per kind
Dit sluit aandete, iets om te drink en peuselhappies in.

Ons sluit die jaar lekker af met speletjies, musiek en dans, en die Graad 4–7’s bly daarna by Die Leerhuis vir ’n sleepover. 🌙

🎒 11 Desember
Kwartaal 4 sluit

Sit gerus hierdie datums nou reeds op die yskas. Meer besonderhede oor elke geleentheid volg soos ons nader beweeg. 🌿

Sonika Krüger

Soek julle nog na die regte opsie vir 2027?Die Leerhuis is nie ’n tradisionele skool nie. Ons is ’n akademiese ruimte vi...
03/09/2026

Soek julle nog na die regte opsie vir 2027?

Die Leerhuis is nie ’n tradisionele skool nie. Ons is ’n akademiese ruimte vir Graad R–8, en vir sommige kinders en gesinne werk hierdie manier van skoolgaan eenvoudig beter.

Kleiner groepe, persoonlike aandag en ’n plek waar ons jou kind werklik leer ken, terwyl akademie steeds ernstig opgeneem word.

As julle wonder of dit dalk vir julle kind kan werk, kom kuier op 10 September tussen 14:30 en 17:00.

Jy kan rondkyk, vrae vra, ons ontmoet en ’n beter idee kry van hoe ’n gewone dag by Die Leerhuis lyk.

En as jy eers net meer wil weet, stuur vir my 2027 in ’n boodskap. Ek gesels graag met jou. 🌿

Die Leerhuis | ’n Akademiese ruimte vir Graad R–8

Dalk soek julle nie nóg ’n skool nie. Dalk soek julle net ’n ander manier van skoolgaan. 🌿’n Kleiner ruimte.Meer persoon...
31/08/2026

Dalk soek julle nie nóg ’n skool nie. Dalk soek julle net ’n ander manier van skoolgaan. 🌿

’n Kleiner ruimte.
Meer persoonlike aandag.
’n Akademiese dag met struktuur, maar ook ruimte vir die individuele kind.

Die Leerhuis is nie ’n tradisionele skool nie. Ons is ’n akademiese ruimte vir Graad R–8 waar kinders kan leer, groei en behoort.

As julle nog besig is om julle planne vir 2027 uit te sorteer, kom kyk gerus self.

📅 10 September 2026
🕝 14:30–17:00

Nuuskierig? Stuur vir ons “2027” op WhatsApp en ons stuur vir jou die besonderhede.

082 692 2035

Die wêreld waarin ons kinders grootword, verander vinniger as wat enige handboek kan byhou.AI. Tegnologie. Nuwe beroepe....
17/08/2026

Die wêreld waarin ons kinders grootword, verander vinniger as wat enige handboek kan byhou.

AI. Tegnologie. Nuwe beroepe. Nuwe maniere van werk, dink en skep.

En tog vra ons dikwels nog dieselfde vraag:

“Hoe moet skool lyk?”

Miskien is dit nie meer die belangrikste vraag nie.

Miskien moet ons eerder vra:

Watter wêreld gaan bestaan wanneer jou kind 18 is?

En dan:

Wat het hulle vandag nodig om eendag daarin te kan floreer?

Ons dink baie hieroor by Die Leerhuis.

En op 10 September maak ons ons deure oop om die gesprek verder te voer.

Meer binnekort. 🖤

17/08/2026
13/08/2026

Die wêreld waarin ons kinders grootword, verander.

Dalk mag die manier waarop hulle leer ook verander.

Nie omdat daar iets aan ons kinders is wat reggemaak moet word nie, maar omdat hulle ruimte verdien om te dink, te ontdek, te skep, te vra en te groei.**

Skool kan anders lyk.

Kom beleef Die Leerhuis en ontdek of dit die regte plek vir jou kind kan wees.

🖤 DIE LEERHUIS | OPEN DAY 2027
📅 10 September 2026
🕝 14:30–17:00

Kom kyk.

👉 Bespreek jou plek: [https://forms.gle/UsbVkuaGrQnx2T547]

Watter wêreld gaan bestaan wanneer jou kind 18 is?Ons weet nie.Ons weet nie presies watter beroepe daar gaan wees nie.On...
11/08/2026

Watter wêreld gaan bestaan wanneer jou kind 18 is?

Ons weet nie.

Ons weet nie presies watter beroepe daar gaan wees nie.
Ons weet nie hoe tegnologie hulle wêreld gaan verander nie.
Ons weet nie watter probleme hulle eendag gevra gaan word om op te los nie.

Maar ons weet een ding:

Die wêreld waarvoor ons kinders voorberei, lyk nie meer soos die wêreld waarvoor óns voorberei is nie.

En daarom behoort ons 'n ander vraag oor onderwys te vra:

Berei die manier waarop hulle vandag leer hulle voor vir die wêreld waarin hulle môre moet floreer?

Op 10 September maak Die Leerhuis sy deure oop.

Nie net om vir jou te wys wat ons doen nie.

Maar om saam oor hierdie vraag te dink.

Die Leerhuis Opedag | 10 September | 14:30–17:00

Bespreek jou plek: [https://forms.gle/UsbVkuaGrQnx2T547]

Goeiedag, ouers. 🌿Hiermee ontvang u die **Kwartaal 3 Assesseringskalender** vir Graad 1 tot 7.Ons vra dat u asseblief di...
30/07/2026

Goeiedag, ouers. 🌿

Hiermee ontvang u die **Kwartaal 3 Assesseringskalender** vir Graad 1 tot 7.

Ons vra dat u asseblief die datums saam met u kind deurgaan en dit op u gesin se kalender aanteken. Hoewel Kwartaal 3 nie 'n eksamenkwartaal is nie, is dit 'n besige toets- en taakkwartaal. Deur sperdatums na te kom, help ons om die assesseringsproses vir almal glad en regverdig te laat verloop.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en samewerking. Ons waardeer dit opreg en sien uit na 'n suksesvolle kwartaal saam met elke leerder.

Vriendelike groete
Sonika Krüger
Die Leerhuis

Address

389 Suider Street
Pretoria
0116

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Leerhuis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Leerhuis:

Shortcuts

Share