17/11/2026
Hierdie tyd van die jaar is rof. Ons is moeg, ons energie is min en alles voel soms net ’n bietjie te veel.
Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan oefen om anders daaroor te dink en met onsself te praat.
Wanneer die negatiewe gedagtes begin, verander die kanaal.
“Ek kan nie meer nie” word “Ek gaan een ding op ’n slag aanpak.”
“Ek doen nie genoeg nie” word “My beste lyk nie elke dag dieselfde nie, en dis oukei.”
Wees sag met jouself. Haal diep asem. Jy hoef nie vandag alles uit te werk nie. Vat net die volgende klein tree.
Stuur dit vir iemand wat vandag hierdie woorde nodig het 🧡